fbpx

Eet kreef!

Besonderhede

  • 24 Maart 19:00
    25 Maart 15:30

  • Laerskool Wesbank

  • Afrikaans
    Geen o.10 l OB | T
    75 min.

  • R165, R180 (by die deur)

Koop Kaartjies

Musiekteater

MET Laudo Liebenberg (sang en kitaar), Frank Freeman (elektriese kitaar en sang), Schalk van der Merwe (baskitaar en sang), Sheldon Yoko (tromme) en Mikhaela Kruger (klawerbord en sang) REGIE Frank Freeman MUSIEK Johannes Kerkorrel, verwerk deur Ettienne van Rooyen en Frank Freeman VERHOOGBESTUURDER EN VERVAARDIGER Frank Freeman 


Met Eet Kreef! kry een van die mees ikoniese alternatiewe Afrikaanse albums ’n nuwe lewe. Dit is 30 jaar nadat Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band se satiriese, dog salwende musikale meesterstuk uitgereik is, en nou word daar hulde gebring met ’n herinterpretasie met Laudo Liebenberg (aKING) wat kragte saamsnoer met van die  warmste rockers in die bedryf vandag. Pasop as hulle agter die stuur van hierdie Alternatief-Afrikaanse ossewa inskuif!. Die produksie is pas bekroon met ’n kykNET-Fiesta-toekenning vir Beste musiekgedrewe produksie. Frank Freeman speel al lankal met die idee om ’n Kerkorrel-vertoning te doen, maar dit moes nie die gewone huldeblykvertoning wees nie. Arno Carstens het toe vir hom die idee gegee om die Eet kreef!-album nader te trek en só kry dit nou nuwe lewe. Toe was dit uniek, maar vandag staan dit steeds uit, sê Freeman. “Daar sal nuwe verwerkings wees, maar die elemente wat die album so ikonies maak, sal definitief behou word. Ons probeer om ’n goeie balans te hou. Ek dink ons weergawe van ‘Hillbrow’, wat op YouTube uitgereik is, is ’n perfekte voorbeeld van ons benadering.”

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google