fbpx

Ek, Eva

Besonderhede

  • 23 Maart 15:00
    24 Maart 16:00

  • ATKV-Griesselsaal

  • 60 min.

  • Afrikaans
    Geen o.12 l OB, T

  • R95, R110 (by die deur)

Koop Kaartjies

MET Wahnice du Toit, Brutney Singrew, Meggan Johnston en Robyn September TEKS Stephren Saayman en die geselskap REGIE Stephren Saayman CHOREOGRAFIE EN VERHOOGBESTUURDER Wyatt Afrika VERVAARDIGER Wes-Kaapse departement van sport en kultuursake 


Eva en drie ander vroue, wat bloot nommers as name het, is in McDonald’s waar die slang hulle teister. Daar word gefokus op ’n samelewing waarin vroue gedurigdeur hul beste voet moet voorsit en agter maskers moet skuil. Hulle bevraagteken die prentjie wat hulle moet voorhou. Die glimlagmaskers moet afgehaal word en die waarheid moet uit. Eva het aan dié dimensie ontsnap om haar hedendaagse kinders te beskerm, maar die slang se werke word al hoe sterker. Die vraag is: Gaan die nommers saamstaan wanneer die slang sy laaste pik wil pik om vrouwees totaal en al te vernietig? Die wenner van die DCAS Eden-dramakompetisie van 2019 word met trots by die KKNK aangebied.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google