
HAAL ASEM
Drama
MET Ira Blanckenberg TEKS Ira Blanckenberg REGIE Marí Borstlap VERHOOGBESTUURDER Lize van Rooyen VERVAARDIGER Marí Borstlap en Ira Blackenberg
In Augustus 2013 gly en val die 14-jarige Kieran van ’n krans in Hermanus. ’n Oomblik waarin alles verander. Haal asemis ’n eenvroutoneelstuk waarin Kieran se ma, Ira Blanckenberg, poog om sin te maak van haar onbegryplike verlies. Van die eerste oomblik ná Kieran se dood begin Ira op stukkies papier krabbel en vul daarna dagboek op dagboek, alles in ’n poging om te besin … en ook om aan Kieran se laaste woorde aan haar gestand te doen: “Haal asem.” ’n Dapper ware verhaal oor verlies, rou en die siel se onvermydelike reis.
Afrikaans | Geen o/14 |Taal | 55 min.
R135, R150 (by die deur)
ATKV Griesselsaal
22 Maart 10:00, 23 Maart 13:00, 24 Maart 17:00**, 25 Maart 16:30
**Gratis gesprek met die geselskap: 24 Maart 18:00 (na afloop van 17:00 vertoning) | 45min.