HUISHOU

Drama
’n Aardklop-produksie, ondersteun deur KunsStig en NATi
MET Nadia Valvekens en Cintaine Schutte TEKS Philip Rademeyer REGIE Nico Scheepers VERHOOGBESTUURDER Lara Hattingh VERVAARDIGERCintaine Schutte in opdrag van die Aardklop Nasionale Kunstefees

Twee wit vroue in Kaapstad wil ’n swart kind aanneem. Dirkie is ’n lektor in sosiologie en dryf die aannemingsproses. Sy wil sorgvuldig en noukeurig ’n huis skep en vol maak, en dink ook hulle het ’n plig om by te dra tot die nuwe Suid-Afrika. Die jonger Hester is ’n loskop-wandelaar. Sy kry ’n oproep wat haar dwing om besoek af te lê by haar ouerhuis op die platteland. Skielik begin sy wonder oor haar wortels en Afrikaner-erfenis. Soos albei vroue vasklou aan hul beginsels en verbete baklei om deur die ander gehóór te word, word hul huwelik en liefde op die spel geplaas. Valvekens is aangewys as die beste aktrise by die Aardklop Nasionale Kunstefees in 2018.

Afrikaans | Geen o/16 | Taal | 80 min.
R125, R140 (by die deur)
Laerskool Van Reedesaal
24 Maart 10:00, 25 Maart 20:00, 26 Maart 11:00, 27 Maart 14:00

koop kaartjies
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google