fbpx

Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell

Besonderhede

  • 25 Maart 9:30
    26 Maart 18:30
    27 Maart 13:30
    28 Maart 18:30
    29 Maart 11:30

  • SANW-ouditorium

  • 75 min.

  • Afrikaans
    Geen o.14
    G, S, T, V

  • R165
    R180 (by die deur)

Koop Kaartjies

MET Sandra Prinsloo TEKS Cecilia du Toit, Sandra Prinsloo en Lara Foot, gebaseer op die topverkoper-roman Kamphoer deur Francois Smit en The Boer Whore deur Nico Moolman REGIE Lara Foot KLANKBAAN Simon Kohler VERHOOGBESTUURDER Jeanne Steenkamp STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Patrick Curtis KOSTUUMONTWERP Mariechen Vosloo en Birrie le Roux VERVAARDIGER Theatrerocket, moontlik gemaak deur KunsStig


In Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell, gegrond op ’n ongelooflike ware verhaal wat onder meer gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) afspeel, vertolk Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell. Wenner van die 2020 kykNET-Fiësta vir Beste spel in ‘n soloproduksie. Aangewys as Beste produksie (Vrystaat Kunstefees 2019), en benoem vir vier Aardklop-pryse asook ‘n 2019 Fleur du Cap-teatertoekenning. Ná haar pa se dood beland Susan in die Winburg-konsentrasiekamp waar sy deur twee Britse offisiere en ’n joiner wreedaardig verkrag en vir die dood agtergelaat word. Sy oorleef die gruweldaad en bekwaam haarself as ’n sielkundige in Nederland. Sy werk gedurende die Eerste Wêreldoorlog in ’n psigiatriese hospitaal in Engeland waar haar paaie kruis met een van haar verkragters, waar hy as pasiënt vir bomskok behandel word. Met dié herontmoeting word Susan opnuut gekonfronteer met die pyn en vernedering van haar verlede. Kamphoer het in Julie 2019 by die Vrystaat Kunstefees gedebuteer en het die Blinker-prys vir die beste nasionale debuutproduksie ontvang. Uitverkoopte vertonings het by Aardklop gevolg, waar dit vir vier pryse benoem is.

Teatergesprek – 25 Maart 10:45 na afloop van optrede

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google