Karoolinge gehekel in woord en klank

BOEKVOORLESING deur Paul Eilers en Tania Smit MUSIEK deur Jaco Kriek (saksofoon) en Julia de Beer (sang)

Gee jou hart bietjie kompos en koester jou siel in dié aanbieding met voorlesings uit die Oudtshoorniet Tania Smit se gewilde bundel Hekelwoorde van my hart. Haar skrywes oor al die alledaagse emosies wat deur gewone mense beleef word, het ’n belangrike aar in lesers se gevoelslewens raakgeboor en gelei tot rekordverkope van meer as 1 500 bundels in minder as vier maande. Die voorlesings is deur Smit en die geliefde Paul Eilers, met musiek wat verskaf word deur die plaaslike oogkundige en sexy saksofoonspeler Jaco Kriek, en die sanger met die warm fluweelstem Julia de Beer, ’n trotse uitvoerproduk en oudstudent van die Hoërskool Oudtshoorn. Kom beleef die vertoning in die magiese atmosfeer van een van die oudste klipkerkies in Oudtshoorn, waarvan die hoeksteen reeds in 1860 gelê is.

Afrikaans | Gesin | 80 min. | R110
ST. JUDE’S ANGLIKAANSE KERK
24 Maart 11:30, 25 Maart 20:00

koop kaartjies
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google