
KROG
Kontemporêre musiek
MET Babette Viljoen, Hilandi du Toit en Olga Leonard TEKSGedigte van Antjie Krog
Antjie Krog het geen bekendstelling nodig nie: Haar digkuns spreek sedert 1970 op verskeie vlakke tot vele lesers. Liefde, familieskap, rassekwessies en vrouwees is maar enkele temas wat uitstaan in haar oeuvre. In hierdie produksie span Babette Viljoen, Olga Leonard en Hilandi du Toit saam en omvou Krog se werke met ryk melodieë. Toonsettings van ’n keur uit haar gedigte word toegelig met stem, klavier, trekklavier en ’n kas vol kitare.
Afrikaans | Geen o/12 |Taal | 60 min.
R135, R150 (by die deur)
NG Kerk Moedergemeente
24 Maart 12:30, 25 Maart 16:00