
LIEGBEK / LIES OF THE MIND
DEBUUT Kulkuns en Musiek
MET Geon Nel TEKS Geon Nel REGIE Geon Nel en Wilken Calitz MUSIEKWilken Calitz VERHOOGBESTUURDERMarie Vogts VERVAARDIGERLammervanger Produksies
Dié produksie is ’n mengsel van musiek en kulkuns. Die gehoor is van die begin af deel van die vertoning en word op ’n reis geneem deur die ontwikkeling van die menslike brein, met behulp van musiek en kulkuns as die agtergrond. Daar word deurgaans gespeel met die idee van leuens en hoe om iemand te “beheer”. Hoekom jok ons en hoe kan ’n mens agterkom as mense vir jou jok? Van die begin af word daar gesinspeel dat daar vir die helfte van die vertoning vir die gehoor gejok gaan word, en die ander helfte die waarheid gepraat gaan word. Jy moet maar self besluit wat is waar en wat is nie. En wie is in beheer van die musiek? Is dit dalk die gehoor?
Afrikaans | Geen o/5 | OB, T | 70 min.
R125, R140 (by die deur)
Gister
22 Maart 12:00, 23 Maart 16:00, 24 Maart 16:00, 25 Maart 16:00