LOVERS, DOGS AND RAINBOWS

Met die ondersteuning van Pro Helvetia Swiss Arts Council
DEBUUT Fisieke drama
MET Rudi van der Merwe REGIE Rudi van der Merwe VERHOOGBESTUURDER Rudi van der Merwe VERVAARDIGERSkree Wolf

Lovers, Dogs and Rainbowsis ’n dokumentêre prent en performanceoor erfenis en identiteit. Dit dien as die vertrekpunt vir ’n besinning oor hoe verskillende kulture en geslagte met uiteenlopende lewensuitkyke naas mekaar staan. Ná Rudi van der Merwe se grootwordjare in Calvinia in die Noord-Kaap woon hy deesdae in Genève (Switserland), ook bekend as die “Stad van Calvyn”. Dié projek is ’n poging om sy persoonlike geskiedenis in ’n wyer sosio-politieke konteks te plaas en in die proses bestek te neem van die goeie en die slegte van sy herkoms. Die beeldmateriaal is geskiet in Desember 2017 en kyk na hoe Calvinia, ’n oorwegend Afrikaanssprekende gemeenskap, omgaan met die uitdagings en nalatenskap van apartheid. Het hulle drome? Kan hulle dit op Calvinia verwesenlik? Dit ondersoek die lot van benadeelde en gemarginaliseerde groepe (van toe en nou) – soos bruin vroue, die LGBTQ-gemeenskap en … honde. Dit speel verder af teen die agtergrond van klimaatsverandering met die dorp in sy geheel wat gebuk gaan onder ’n uitgerekte droogte. Die afgelope jare het “performing gender” ’n algemene term geword in die groter gesprek rondom geslag en seksualiteit –  ’n begrip wat in dié produksie uitgebrei word na die manier waarop ons kultuur opsigself en selfs menswees “perform”. Só is die dragkarakter Rosie van Doorn gebore, vernoem na die sprokieskarakter Doringrosie of die Slapende Skoonheid, maar ook ’n verwysing na die woke-beweging en rose met dorings.

Afrikaans en Engels | Geen o/14 | T | 50min.
R105, R120 (by die deur)
Laerskool Wesbank
25 Maart 10:00, 26 Maart 13:00, 27 Maart 16:00

koop kaartjies
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google