fbpx

My vrou se man se vrou

Besonderhede

  • 25 Maart 9:30
    26 Maart 9:30
    27 Maart 9:30
    28 Maart 9:30
    29 Maart 9:30

  • kykNET Hoërskoolsaal

  • 135 min.

  • Afrikaans
    Geen o.12
    OB

  • R175
    R190 (by die deur)

Koop kaartjies

Klug 

MET Phillru van Achterbergh, Botha Enslin, Juanita Mardon, Debre Opperman, Thiart Li, Stefan Vermaak en Etienne du Plessis TEKS Ray Cooney VERTALING EN REGIE Frans Swart VERHOOGBESTUURDER Johan van de Reede VERVAARDIGER Lefra Kommunikasie en Bemarking

Met dank aan Hollywood Costumes, Van Loveren-wyne, Stuttaford Van Lines, Ambassador Execudrive en RSG/Sounds Good 


Ray Cooney is ’n meester van die klug. Sy Run for Your Wife speel al langer as 30 jaar in Londen se Weseinde en Peet van Rensburg het ’n wonderlike Afrikaanse vertaling gedoen met My vrou se man se vrouRun for Your Wife hou die rekord vir die langslopende klug in Londen se Weseinde en het ook rekords in Suid-Afrika laat spat. Die hoofkarakter is John Smith, ’n Londense taxibestuurder wat saam met sy vrou Mary in Highgate woon … en ook saam met sy vrou Barbara in Finchley, net vier minute uitmekaar. Natuurlik is die twee mevroue Smith salig onbewus van mekaar se bestaan, omdat John sy ongereelde werksure gebruik as ’n verskoning om sy dubbele lewe weg te steek. Maar ’n ongeluk en ’n verkeerde adres veroorsaak ’n kettingreaksie en John moet bontstaan om te keer dat sy geheim op die lappe kom. En om sake te vererger, moet hy sy nuuskierige bure, ’n vasberade joernalis en twee agterdogtige polisiemanne ontduik!

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google