fbpx

Nagskofkliek

Besonderhede

  • 26 Maart 10:00
    27 Maart 20:00
    28 Maart 10:00

     

  • ATKV-Griesselsaal

  • 75 min.

  • Afrikaans
    Geen o.12 l T

  • R125
    R140 (by die deur)

Koop Kaartjies

Donker komiese drama

Ontwikkel deur NATi, Innibos Nasionale Kunstefees en Brand Incorporated

MET Melt Sieberhagen en Albert Pretorius TEKS EN VERVAARDIGER Retief Scholtz REGIE Etienne Fourie VERHOOGBESTUURDER Kristin Pienaar KLANKBAAN JP du Preez KOSTUUMS Marné van den Burgh  

Met dank aan Clip-Lok SimPak South Africa.


Hans Gouws, ’n veiligheidswag in sy 30’s, spandeer sy agtste Paasnaweek agtereenvolgens aan diens by We Crate You Up Storage Solutions. Alleen. Alleen pla nie vir Hans nie, sê hy altyd. Terwyl Hans gemaklik met die winkelpop in die hoek gesels, voel dit vir Hans asof hy alles reeds uitgefigure het. Hy het sy keuses gemaak en vrede gemaak daarmee. Hy is, volgens hom, gelukkig en tevrede. Niks pla vir Hans nie en niemand pla vir hom nie. Dan – sonder waarskuwing – verskyn Man. Wat presies Man daar doen (en waarom hy nie wil weggaan nie) weet Hans nie – nóg nie. Al wat hy weet, is dat Man antwoorde soek en hy gaan nêrens totdat hy dit gekry het nie. Nagskofkliek probeer verstaan hoe dit moet wees om ’n koppie tee te drink saam met die weergawe van jouself wat jy nog altyd gedink het jy wil wees, en wat gebeur as jy nie meer vir jouself kan jok nie.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google