fbpx

Notre Dame

Besonderhede

  • 27 Maart 14:00
    28 Maart 17:00

  • NGK Park

  • Afrikaans en Engels
    Geen o.10
    OB
    60 min.

  • R125
    R140 (by die deur)

Koop Kaartjies

Klassieke Musiek

MET Zorada Temmingh (orrel) MUSIEK Zorada Temmingh VERVAARDIGER Zorada Temmingh 


Ná die groot brand in die Paryse Notre Dame-katedraal in 2019, was die naam Notre Dame op almal se lippe. Temmingh se program sluit onder meer die “Hunchback Suite” in – haar nuutste orrelkomposisie waarin ’n versameling van die hooftemas uit haar oorspronklike klankbaan-improvisasie vir die stilprent The Hunchback of Notre Dame voorkom. Elke karakter in die storie het ’n eie oorspronklike leitmotief wat ontwikkel word en met mekaar ineengevleg word namate die karakters in verskillende situasies verskyn. Die vyf dele vergestalt die belangrikste temas in die prent: 1. Die boggelrug van Notre Dame; 2. Fees van gekke; 3. Hofmakery aan die hof; 4. Liefdestema; 5. Opstand en oorwinning. Benewens die suite word ook werke gespeel wat iets van ’n katedraal uitbeeld: klokke, kleurvensters, kruise en ikone.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google