fbpx

Schalkie en Cassie hou konsert

Besonderhede

  • 27 Maart 13:30
    28 Maart 18:30

  • kykNET Hoërskoolsaal

  • 70 min.

  • Afrikaans
    Geen o.14
    T

  • R145
    R160 (by die deur)

Koop kaartjies

Stand-up-komedie

MET Schalk Bezuidenhout en Casper de Vries TEKS Schalk Bezuidenhout en Casper de Vries VERHOOGBESTUURDER EN VERVAARDIGER Erns Grundling 


Die een is ’n lewende legende en die “godfather” van Afrikaanse stand-up-komedie. Die ander is die opwindende jong stem. Schalk Bezuidenhout en Casper de Vries hou nou saam konsert. Verwag ’n kragtoer (of is dit ’n lagtoer?) van die twee karnallies op hul beste. Hoewel Bezuidenhout slegs 27 jaar oud is, is hy al vir byna twee dekades ’n groot aanhanger van De Vries se komedie. As negejarige het Schalk se ma hom “skelm” na vertonings van De Vries geneem. In hierdie vertoning kyk hulle terug na hul skooldae – Cassie was in 1982 in matriek en Schalk in 2010. Daar is baie verskille en raakpunte in die twee komediante se skoolervarings. Hulle gesels onder meer oor skolesport, debat en redenaars, danse en huispartytjies, en hoe hulle reeds van ’n vroeë ouderdom met humor en komedie die onderwysers laat bontstaan het. 

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google