fbpx

Sê groete vir Ma

Besonderhede

  • 25 Maart 10:00
    26 Maart 20:00
    27 Maart 17:00
    28 Maart 17:00

  • Laerskool Van Reedesaal

  • 60 min.

  • Afrikaans
    Gesin

  • R145, R160 (by die deur)

Koop Kaartjies

Drama
MET Hannes van Wyk TEKS Desiré Gardner REGIE Sandra Prinsloo VERHOOGBESTUURDER Liezel Foot VERVAARDIGER Artist Warehouse CC 


Reghardt Roberts van Aswegen se hele lewe, menswees en bestaan draai om die vrou wat hom in die lewe gebring het. Dit is ’n drama waar die lag en die traan baie naby aan mekaar lê: Die band tussen ’n ma en haar kind, hulle lewensreis saam, die pyn en die onvermydelikheid van oudword en hoe ons soms ons grootste foute kan verdedig, omdat dit uit liefde gedoen is. Dis ’n tipe knop-in-die-keel-, tong-in-die-kies-kykie na die dinge waarmee die meeste mense hulle kan vereenselwig, en uiteindelik die een ding wat ons almal bind: Die bleddie getik-tok van die horlosie wat niemand die aardigheid van oudword (en dan ook siekte) spaar nie. Dit is ’n storie vir elke lid van die gesin en beloof om te sorg vir humor, maar ook lag met ’n traan. Elkeen wat ’n ma het, gehad het of sélf ’n ma is, moet dit sien.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google