STATEMENTS AFTER AN ARREST UNDER THE IMMORALITY ACT

DEBUUT Drama
’n Ko-produksie tussen die KKNK, Eric Abraham en die Fugard-teater
MET (Sal aangekondig word) TEKSAthol Fugard REGISSEUR Greg Karvellas MUSIEK Charl-Johan Lingenfelder STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Wolf Britz
VERVAARDIGERS Eric Abraham, die Fugard-teater en die KKNK

Statements After an Arrest Under the Immorality Act is ’n meesleurende en roerende liefdesverhaal waarin twee naak minnaars nie net hul liggame ontbloot nie, maar ook hul diepste begeertes vir persoonlike en emosionele vryheid blootlê. Dit is geplaas in die apartheidsera in Suid-Afrika toe dit teen die wet was om verhoudings oor die kleurgrens heen te hê. Twee minnaars – ’n bruin man, Errol, en ’n wit vrou, Frieda – ontmoet mekaar in die geheim by die biblioteek waar Frieda werk, om liefde te maak en oor hul vrese en drome te praat. Een van die bure sien hulle en verkla hulle by die polisie, wat hulle uit die agtertuin van die bure dophou en foto’s neem. Uiteindelik slaan die polisie toe en neem hulle in hegtenis ingevolge die destydse onmenslike Ontugwet.

Statements After an Arrest Under the Immorality Act is ’n koproduksie tussen die KKNK, Eric Abraham en die Fugard-teater teater ter ere van die legendariese Suid-Afrikaanse dramaturg Athol Fugard en ook as deel van ’n viering van 25 jaar van die KKNK sowel as demokrasie in Suid-Afrika.

Engels | Geen o/16 | N | 75 min.
R135, R150 (by die deur)
Gimsaal
21 March 15:00, 22 March 15:00, 23 March 15:00**, 24 March 15:00, 25 March 15:00, 26 March 15:00

**Gratis gesprek met die geselskap: 23 Maart 16:30 (na afloop van 15:00 vertoning) | 45min.

koop kaartjies
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google