UIT DIE BLOUTE

Musiekteater
’n NATi/Feesteforum-produksie
MET Paul du Toit, Jenna Dunster, Lizanne Helberg, Leon Ecroignard, Jahn Beukes en PyjamaShark TEKS Eugène Marais, verwerk deur Ilse van Hemert REGIE Henriëtta Gryffenberg MUSIEK Lizanne Helberg
BELIGTINGSONTWERP Ni-Lou Breytenbach
POPPE Ernetia Bedeker STELONTWERPJohan Engelbrecht  KOSTUUMSMadelein Lotter VERHOOGBESTUURDER Mariska Meyer VERVAARDIGER Konterdans Produksies

In 1996 het hierdie produksie by die tweede KKNK gedebuteer en ook die Herrie-prys verower. Nou, ná twee dekades, maak die produksie met ’n nuwe generasie akteurs ’n terugkeer. Twee kortverhale van Marais kry verbeeldingryk gestalte op die verhoog. “Die lied van die reën” vertel die storie van die soeke na water en in “Salas Y Gomez” word ’n jong boer vir maande vasgekeer op ’n rotslys en hy moet al sy kragte inspan om fisiek en emosioneel te oorleef. Die plaaswerf, die berge van Mamatola en die diepste emosies van die karakters word deur musiek en byklanke ingekleur.

Dié musiekteaterproduksie het teatergangers telkemale op hul voete gehad sedert die opening by Innibos en later by die Vrystaat Kunstefees en Aardklop. Die Fiësta-wenner (beste akteur) Paul du Toit en Jenna Dunster speel die verskeie rolle “met ’n jeugdige vitaliteit wat perfek aanpas by die verbeeldingryke Marais se grenslose visies” (Paul Boekkooi – Beeld). “Uit die bloute‒weer op die planke nátwee dekades en “steeds huilmooi!”(Charles Smith–Volksblad)

Afrikaans | Gesin | 90 min.
R135, R150 (by die deur)
kykNET Hoërskoolsaal
21 Maart 14:30, 22 Maart 13:30, 23 Maart 14:30, 24 Maart 13:30

koop kaartjies
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google