fbpx

Versnit: Danie Niehaus en Germandt Geldenhuys

Besonderhede

  • 29 Maart 14:00

  • Laerskool Wesbank 

  • Afrikaans, Engels en Italiaans
    Gesin
    80 min.

  • R135
    R150 (by die deur)

Koop Kaartjies

Debuut Musiekteater


Danie Niehaus, bekroonde sanger en liedjieskrywer, snoer kragte saam met Germandt Geldenhuys, akteur en nuwe sangsensasie, in ’n produksie van sang, vertellings en musikale kruisbestuiwing. Niehaus is al jare daarvoor bekend dat hy jong talent ontgin, vandat hy die Debuut-sangkompetisie jare gelede aangebied. Geldenhuys, van Binnelanders-faam en wat bekroon is vir sy toneelspel in die rolprent Kanarie, het musiekteater studeer en het al landwyd as gaskunstenaar by verskeie van Niehaus se vertonings opgetree , so hy was ’n natuurlike keuse toe Niehaus na ’n jong kunstenaar gesoek het wat hy saam met hom na die KKNK wil nooi. Sepiekykers, fliekgangers en musiekliefhebbers sal almal ewe verras wees met hierdie samekoms van twee groot stemme, asook hul humor en persoonlikhede saam op een verhoog – ’n unieke kombinasie en debuut soos ’n mens slegs by die KKNK kan beleef!

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google