fbpx

Vlooi en die storieboek

Besonderhede

  • 24 Maart 09:00
    25 Maart 09:00
    26 Maart 09:00

  • Absa Burgersentrum

  • 60 min.

  • Afrikaans
    Gesin

  • R95, R110 (by die deur)

Koop Kaartjies

Kinderteater

MET Elanza Swart, Karli Heine, Ilana Cilliers, Kelly Jeffery en Byron McKeith TEKS Nico Scheepers REGIE Margit Meyer-Rödenbeck CHOREOGRAFIE Kyle Seconna stel, kostuums en beligting Juanita Ferreira musiektoonsetting, verwerking en klankbaan Emile Minnie VERVAARDIGER Krazy Katz in samewerking met Arts Cape en Oxford University Press


Dit is weer Vlooi-tyd! Vir 19 jaar al word die jong maatjies se harte bly gemaak. Vlooi is ’n voorgeskrewe boek vir die grondslagfase en elke jaar is dit ’n hoogtepunt op die skoolkalender as die karakter op die verhoog gestalte kry. Krazy Katz Produksiehuis, Marinda Engelbrecht en Margit Meyer-Rödenbeck het in 2019 ’n Fleur du Cap-prys ontvang vir 2018 se produksie, Vlooi en die musiekfabriek, en vanjaar se Vlooi en die storieboek beloof om net so baie pret te wees. Vlooi kan nie verstaan hoekom Biebie nie saam met hom wil sokker speel nie … en dit oor iets so simpel soos ’n storieboek! Hul gestryery laat die towersleutel gloei en hulle beland in die magiese wêreld waar alle stories gebore word. As hy weer by die huis wil kom, sal Vlooi moet leer hoekom stories so belangrik is, en wat gebeur met kinders wat nie lees nie … Vlooi en die storieboek is ’n opwindende nuwe avontuur vir Vlooi en sy maats, tot in die hart van ’n storie. Waar kom stories vandaan? Hoe maak ek prentjies in my kop?

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google