fbpx

Whiskysprokies: Charlie en die tjoklitfabriek

Besonderhede

  • 24 Maart 14:00 en 17:00
    25 Maart 14:00 en 17:00
    26 Maart 14:00 en 17:00
    27 Maart 14:00 en 17:00
    28 Maart 14:00 en 17:00

  • DIE WINDPOMP-PROELOKAAL

  • 75 min.

  • Afrikaans
    Geen drank word aan o.18’s bedien nie

  • R170

Koop Kaartjies

AANGEBIED DEUR ST. CHRISTOPHER’S STUDIO

MET Chris Koch


Reis weer saam met Chris Koch, die bekende Afrikaanse whiskykenner, deur nog ’n sprokie van Charlie en die tjoklitfabriek. Kom proe ’n handvol Skotse enkelmoutwhiskies gekombineer met heerlike sjokolade. In die fabriek maak Oompa-Loompas sjokolade, maar wanneer die whisky in die sjokolade val, is daar pandemonium! Leer meer oor die herkoms en verskillende eienskappe wat elke whisky uniek maak. Vind uit waarvan jy hou in hierdie tong-in-die-kies-aanbieding, terwyl jy vermaak word deur Koch – soos net hy kan. Whisky is die magiese elikser van die lewe wat hier fyn verweef word met die storie van Charlie en die tjoklitfabriek. Whiskies weerspieël kenmerke van die karakters in hierdie verhaal. Willie Wonka se gunsteling-whisky word in die geheime stookketels in sy fabriek gemaak, terwyl Oupa se voorkeur-whisky naby ’n turfmoeras op ’n eiland gemaak word. Hierdie ervaring sal ’n paar whiskies vir jou palet soos ’n towerspreuk ontsluit.

Gallery Notice : Images have either not been selected or couldn't be found

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google