Speelbos

Speelbos in die Kuierbuurt sal daagliks vanaf 10:00 tot 18:00 die jongspan se kreatiwiteit aanwakker. Neem deel aan interaktiewe speletjies en maak jou eie skeppings. Kuier saam met jou gunstelingkarakters en kyk na poppekasvertonings. Elke oggend sal daar kinderproduksies of storievertelling wees wat om 10:15 begin.

Toegang vir kinders o/10 met ouerbegeleiding is R30 vir die week. Neem kennis dat dit onder ouertoesig is en nie as ’n dagsorgdiens aangebied word nie.

LOLLOS … JOU SLIM DING!

Sjoe Lollos, jy is darem slim! Op al jou opwindende reise na die Aarde het jy en Lettie al soveel lekker dinge geleer terwyl julle ook hope pret gehad het saam met Disco en die span! In hierdie kleurvolle vertoning deel Lollos en Lettie op ’n vermaaklike manier al die lessies wat hulle al geleer het. Deur middel van opgewekte musiek en energieke danspassies maak Lollos en Lettie dit maklik vir die maatjies om saam te leer, saam te lag en uitbundig saam te dans. Sien uit na treffers soos “Tandeborsel”,  “Babbelbekkie”, “Die vriendelike dokter” en “Oppaktyd” om saam slimmer te word, maar ook om die boudjies te laat wikkel.

Afrikaans | Gesin | 45 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-dagkaartjie
SPEELBOS
23 Maart 10:15

KOOP KAARTJIES

TJIFF EN TJAFF III

Die karakters van die gewilde kykNET-kinderreeks Tjiff en Tjaff keer terug na die Speelbos met ’n nuwe teateropvoering. Mimi verras die liewe, groen manne met ’n spesiale uitstappie, en een van hul nuwe maatjies gaan boonop saam. Kom neem deel aan die nuwe avontuur en beleef van jul gunstelingtreffers en sing en dans saam met die span. Mammas en pappas kan gerus ook hul kamera saambring, want daar is ’n geleentheid vir ’n gelukkige gehoorlid om die sterre te ontmoet. 

Afrikaans | Gesin | 45 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-dagkaartjie
SPEELBOS
22 Maart 10:15, 25 Maart 10:15,
26 Maart 10:15

KOOP KAARTJIES

KLIKKERLAND! LAG ‘N SLAG!

Die lewe is so ernstig, maar ’n lekker lagsessie kan ’n groot verskil maak. Klikkerland laat jonk en oud skaterlag.  Die lawwe Klikkerlanders steel harte oral waar hulle gaan en is in 2017 en 2018  benoem vir ’n Ghoema vir Beste Kinderalbum/DVD. Kom speel, sing en dans saam met Klikkerland. Lagkompetisie! Poetse! Moderne musiek! Klikkerlanders en maats het baie pret om diere na te maak en die klikkerdans te leer. Daar word musiek gemaak met monde en voete en hul vind ook uit wat om te doen met groot emosies soos wanneer jy baie kwaad word. Tussen die misverstande en die poetse wat gebak word, is daar nie ’n oomblik om verveeld te wees nie. Herwinning word ook pret gemaak met “hoog-loop-voete” met leë koffieblikke en snaakse brille met ou CD’s. Die belangrike onderwerp van bewaring word ook kleurvol oorgedra. ’n Klikkerlander se een-man-orkes jaag die ander op hol met vreesaanjaende geluide, maar ná ’n paar verstellings sing en dans almal saam. 

Afrikaans | Gesin | 45 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-dagkaartjie
SPEELBOS
21 Maart 10:15, 24 Maart 10:15

KOOP KAARTJIES

DIE LEEUKONING

Die diere kom van heinde en ver oor die stowwerige Afrikavlakte. Hulle kom met pote wat klap, hoewe wat stamp en vlerke wat flap. Elke dier, van die kleinste mier tot die grootste olifant, vind sy weg na Leeurots. Dit is die plek waar die Leeukoning woon, en vandag is ’n spesiale dag in Leeuland … Kom deel in Simba se avonture in die dierekoninkryk en beleef hoe hy deel word van die groot lewensiklus. 

Afrikaans | Gesin | 30 min.
Ingesluit by Kuierbuurt-dagkaartjie
SPEELBOS
27 Maart 10:15

KOOP KAARTJIES

PIKWASO (CRAFTS FOR KIDS)
Met Karen Schoeman Aangebied deur Pikwaso

Kom geniet ’n lekker manier van kreatief wees. Ons maak mooi goed en speel sommer lekker saam met maats. Elke dag maak jy iets nuut wat jy kan huis toe neem. Hier leer ons sommer van herwinning ook en werk met ’n klomp verskillende materiale. Alle materiale is ingesluit. Kom geniet ’n kunstige, prettige uur saam met my.

Afrikaans | Geen o/4 | 60 min. | R100
GROEN PAWILJOEN, SPEELBOS
21 – 25 Maart: 12:30, 14:00, en 15:30
26 – 27 Maart: 12:00, 14:00

KOOP KAARTJIES
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google