Stemme: LitNet, Suidoosterfees, KKNK en NATi bring monoloë deur topteatermakers

Van die land se voorste dramaturge, akteurs en regisseurs neem deel aan Stemme, ’n sinergieprojek tussen LitNet, NATi, Suidoosterfees en KKNK. Stemme is ’n reeks van 10 kort, kragtige monoloë waarvan verfilmde weergawes en tekste weekliks vanaf 13 Julie 2021 op LitNet vrygestel sal word.

LitNet het dramaturge uitgenooi om monoloë vir die projek te skryf, waarna die Suidoosterfees en KKNK van die talentvolste akteurs en regissseurs aan boord gekry het om die monoloë op te voer en te verfilm. Die 10 skrywers sluit gevestigde en bekroonde dramaturge in soos Breyten Breytenbach, Ingrid Winterbach, Saartjie Botha, Rafiek Mammon en Nicola Hanekom – vanjaar se drama-Hertzogpryswenner. Vyf skrywers is produkte van die NATi Jong Sterre-projek: Carlo Daniels, Stephren Saayman, Dianne Albertze, Veronique Jephtas en Andrico Goosen.

Marthinus Basson, Lee-Ann van Rooi, Andrew Buckland, Fred Abrahamse, Stephren Saayman, Thembela Madliki en Nicole Holm het as regisseurs die leisels geneem. Die volgende akteurs tree in die monoloë op: Antoinette Kellermann, Albert Pretorius, Khadija Heeger, Tinarie van Wyk Loots, Geon Nel, Eldon van der Merwe, Hein Poole, Carlo Daniels, Ivan Abrahams en Liandé Valentyn.

Antoinette Kellermann en Albert Pretorius speel in onderskeidelik Breyten Breytenbach se Teenstemtweespraak en Ingrid Winterbach se ’n Seereis, waarvan Marthinus Basson die regisseur is. Fred Abrahamse behartig die regie van Rafiek Mammon se Verspring, wat handel oor ’n middeljarige werklose aktrise, vertolk deur Tinarie Van Wyk Loots. Geon Nel en Eldon van der Merwe vertolk onderskeidelik Saartjie Botha en Nicola Hanekom se monoloë, Leë nagte en Olke bolke, met Nicole Holm en Lee-Ann van Rooi as die regisseurs.

Kknk | Klein Karoo Nasionale Kunstefees | Oudtshoorn | Suid-Afrika
Klein Karoo Nasionale Kunstefees | Oudtshoorn | Suid-Afrika

Holm regisseer ook Andrico Goosen se Kon ek ook maar ’n hond gewees het? met Ivan Abrahams, terwyl Van Rooi ook in die regisseurstoel is vir Veronique Jephtas se Revelations oppie pot met Hein Poole. Andrew Buckland neem as regisseur vir Carlo Daniels onder hande in Daniels se Weg waarin hy self optree. Khadija Heeger speel in Soebat deur Dianne Albertze, met Thembela Madliki in die regiseurstoel. Stephren Saayman neem die regie-leisels met sy eie stuk, Alles lê in die lengte van jou hare met Liandé Valentyn.

Stemme word vervaardig met die ondersteuning van die LW Hiemstra Trust, Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport. Die oogmerk van die projek is tweeledig. Prof. Brian Figaji, direksievoorsitter van die Suidoosterfees, verduidelik: “Hierdie sinergieprojek met LitNet en ons vennote in die teater- en feestebedryf bied kunstenaars die geleentheid om skeppend te werk tydens die COVID-19-pandemie. Terselfdertyd gee dit aan opkomende kunstenaars wat reeds by ons en NATi se Jong Sterre-projek gebaat het, die waardevolle geleentheid om ’n verhoog met legendes in die bedryf te deel.”

Etienne van Heerden, LitNet se hoofredakteur, sê: “Baie dankie aan LitNet se Melt Myburgh, Jana Hattingh en Rafiek Mammon van die Suidoosterfees, Hugo Theart van die KKNK, Cornelia Faasen van NATi, en al die deelnemende skrywers – die veterane én die jong partisane – akteurs en regisseurs, asook tegnici wat met hierdie wonderlike projek lugtyd gee aan skeppende stemme.”

* Verfilmde weergawes van die Stemme-produksiesword weekliks saam met die monoloog-tekste vanaf 13 Julie 2021 op www.litnet.co.za vrygestel.

Deel op facebook
Facebook
Deel op twitter
Twitter
Deel op linkedin
LinkedIn
Deel op whatsapp
WhatsApp
Deel op email
Email

Gesels saam

Mandjie 0

Teken in

Maak 'n rekening oop

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privaatheidsbeleid.

Wagwoord herwinning

Het jy jou wagwoord vergeet? Voer asseblief u gebruikersnaam of e-posadres in. U sal 'n skakel ontvang om 'n nuwe wagwoord per e-pos te skep.