Suidoosterfees en KKNK span kragte saam met nuwe kinderproduksie

’n Opwindende nuwe kinderteaterproduksie, Pietersielie en Roosmaryn vertel storiesI!is vanjaar by die Suidoosterfees te sien – ’n uitstekende geleentheid vir ouers om hul kroos tydens die skoolvakansie besig te hou. Dié vertoning is ’n ko-produksie van die Suidoosterfees en Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK), en word ondersteun deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi).

“Die belangrikheid van stories en die aanmoediging om te lees en teater te beleef, veral vir kinders, kan nooit genoeg beklemtoon word nie en daarom het ons besluit om kragte saam te span met die Suidoosterfees en Pietersielie en Roosmaryn vertel stories! geskep,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.Pietersielie en Roosmaryn vertel Stories! is ontwikkel uit twee kinderboeke: Prinses Pampoenpit deur Bianca Flanders en Rafiek Mammon se Faizel en die sterre.

Pietersielie en Roosmaryn vertel Stories! vertel die storie van twee karakters wat die wêreld vol reis met hulle towerkaravaantjie, op soek na vriende, boeke en kinders met wie hulle stories kan deel. Die opvoedkundige boodskap fokus op die belangrikheid van verdraagsaamheid, die waardering van mense se uniekheid, om jouself te wees en die waarde van lees.

Dean Balie en Bianca Flanders is in die produksie te sien, met poppe van Koos Marais wat ’n verskyning maak. Balie het vanjaar verskeie Fiësta-pryse vir sy produksie Die Poet, wie’s hy? ontvang, asook ’n kykNET-Sinjatuurprys as belowende nuweling. Flanders is ’n skrywer, akteur, stemkunstenaar en onderwyser, en is onder meer in 2016 vir ’n Fleur du Cap-toekenning benoem vir haar rol as Miela in Kristalvlakte.

Pietersielie en Roosmaryn vertel Stories! word van 26 tot 28 April om 10:30 en 13:30 by Artscape in Kaapstad opgevoer, met streng Covid-19-regulasies wat gevolg sal word. Die produksie sal ook later vanjaar in Oudsthoorn en aan die Tuinroete te sien wees.

Kry kaartjies vir die vertonings by die Suidoosterfees by Computicket. Vir afslagpakkette aan groepe, kontak Francois Abrahams by Francois.Abrahams@media24.com.

Deel op facebook
Facebook
Deel op twitter
Twitter
Deel op linkedin
LinkedIn
Deel op whatsapp
WhatsApp
Deel op email
Email

Gesels saam

Mandjie 0

Teken in

Maak 'n rekening oop

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privaatheidsbeleid.

Wagwoord herwinning

Het jy jou wagwoord vergeet? Voer asseblief u gebruikersnaam of e-posadres in. U sal 'n skakel ontvang om 'n nuwe wagwoord per e-pos te skep.