Welkom by

KKNK
KKNK

Teksmark is ’n KKNK-projek, in samewerking met NATi, die Baxter-teatersentrum, die Universiteit van Johannesburg, die ATKV en Het Jan Marais Nationale Fonds

Teksmark 2024

KKNK
Speel video
KKNK
Speel video
KKNK
Speel video
KKNK
Speel video
KKNK
KKNK
KKNK
KKNK
KKNK

Laai die Teksmark 2024 program HIER af

RSVP hieronder vir jou en jou metgesel om Teksmark 2024 by te woon.

RSVP vir Sessie 1

Woensdag 4 September 10:00

RSVP vir Sessie 2

Woensdag 4 September 14:00

RSVP vir Sessie 3

Donderdag 5 September 10:00

Wat is Teksmark?

Die doel van dié projek is om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste te ontwikkel en aan skrywers ’n geleentheid te bied om hul idees en tekste vir moontlike verdere ontwikkeling aan belanghebbendes in die teaterbedryf bekend te stel.

Wie mag deelneem?

Alle skrywers (hetsy gevestig of opkomend) kan voorstelle indien.

Hoe werk Teksmark?

Voorstelle word oorweeg om as leesteater by die Teksmark aangebied te word. Verteenwoordigers van teaters en feeste, asook vervaardigers en ander moontlike beleggers word na die Teksmark genooi.

Tydens Teksmark kry skrywers die geleentheid om oor hul teksidees te gesels. Die mark is oop vir enige van die belanghebbendes om met skrywers te onderhandel oor moontlike belegging in, of verdere ontwikkeling van, hul tekste.

Omdat daar beperkte tydgleuwe beskikbaar is, kies ’n paneel ’n aantal tekste. Regisseurs en akteurs word in oorleg met die skrywer aangestel om die uittreksels op te voer.

Herleef Teksmark 2023

Kyk die volledige sessies hier onder

KKNK
Speel video
KKNK
Speel video
KKNK
Speel video
KKNK
Speel video

Vir meer inligting of navrae, kontak gerus vir Lizané Basson by lizane@kunste.org.za, skakel 044 203 8600 of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337. 

Die Teksmark-proses van begin tot einde

  1. Teks-voorstelle word aanlyn ingedien. 
  2. Alle tekste word deur ’n onafhanklike paneel geëvalueer, waarna verskeie tekste gekies word om by Teksmark in Kaapstad en Johannesburg voorgelê te word. 
  3. Regisseurs en akteurs word in oorleg met die skrywer en organiseerders gekies om ’n uittreksel (10 minute) uit die teks as leesteater vir verteenwoordigers van teaters, feeste, vervaardigers, ander moontlike beleggers en teaterentoesiaste op te voer. 
  4. Skrywers het hier die geleentheid om hulle teks met die gehoor te bespreek en gehoorlede neem deel deur middel van vrae en terugvoer. 
  5. Die mark is oop vir enigiemand wat daarin belangstel om met die skrywer te onderhandel oor moontlike verdere ontwikkeling van hulle teks. 
  6. Tekste wat identifiseer word, word verder tot volledige verhoogtekste ontwikkel. 

Kriteria vir die indien van ’n teksvoorstel vir Teksmark

  • ’n Teks-idee, temas, storielyn, kort beskrywing van karakters en minstens vyf bladsye se verloop of dialoog moet ingedien word. Volledige tekste is welkom, maar nie ’n vereiste nie. Die voorgestelde teks moet lank genoeg wees vir ’n optrede van ten minste tien minute. 
  • Slegs Suid-Afrikaanse burgers kan voorstelle indien. 
  • Teks-idees in alle genres word oorweeg.
  • Tekste in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale word oorweeg. 
  • Veeltalige tekste word aangemoedig. 
  • Slegs oorspronklike tekste word oorweeg. Vertalings en verwerkings word nie aanvaar nie.
  • Slegs tekste wat nog nie vantevore professioneel opgevoer is nie word oorweeg. 
  • Alle voorstelle moet ten volle ingedien word, met al die nodige dokumentasie. 
  • Geen laat voorstelle word aanvaar nie en geen uitstel sal na die sluitingsdatum gegee word nie. 
  • Geen handgeskrewe voorstelle word aanvaar nie – dit moet in Word- of .pdf-formaat ingedien word. 

'n Platform vir nuwe teatertekste

Die verhoog is slaggereed om aan jou verbeelding, unieke stories, intriges, kinkels en onvergeetlike karakters vlerke te gee by die negende Teksmark, wat van 4 en 5 September in die Baxter-teatersentrum in Kaapstad aangebied word en die tweede Teksmark Joburg op 24 en 25 Oktober by die Universiteit van Johannesburg.

Of jy nou ’n gesoute of aspirant teaterskrywer is, hierdie uitnodiging vir voorstelle is jou kans om lewe te gee aan jou teatertekste wat nog nie op die verhoog te sien was nie, om die kollig op jou idees te fokus en hulle te laat floreer. 

Om jou teks-idee voor te stel benodig jy ’n tema, storielyn, kort beskrywing van die karakters en ten minste vyf bladsye se dialoog. Die voorgestelde teks moet lank genoeg wees vir ’n optrede van ten minste tien minute. Teks-idees word in alle genres verwelkom en hoewel volledige tekste ingedien kan word, is dit nie ’n vereiste nie. 

Die sluitingsdatum vir deelname aan Teksmark 2024 is reeds verby

Sedert die ontstaan van Teksmark in 2016, is 156 tekste ingesluit as deel van dié inisiatief, met 43 teks-idees wat in volskaalse produksies ontwikkel is, waarvan verskeie bekroon is met ’n rits toekennings en pryse.