Tweede KKNK Virtuele Galery, ondersteun deur Absa, nou oop!

Na die reusesukses van verlede jaar se eerste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) Virtuele Galery, het dié galery op 29 Junie met die ondersteuning van Absa vir die tweede keer sy “deure” oopgemaak.

“Dit is vir ons ’n ongelooflike voorreg om vir die tweede keer ’n fantastiese aanbod visuele kunswerke aan kunsliefhebbers in die gemak van hul eie huis te kan bied,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK. “Dineke van der Walt is vir die tweede jaar die kurator van dié galery, waarvoor sy verlede jaar met ’n Fiësta-toekenning bekroon is. Dis ’n besonderse reeks van ses uitstallings met altesaam 260 werke deur 83 kunstenaars.” 

Volgens Theart is kunstenaars van heinde en verre, regoor Suid-Afrika, asook van Zimbabwe, Taiwan, Amerika, Ghana, Mauritius, Kenia, Iran en Namibië betrokke, met vele kunstenaars uit die Klein Karoo- en Tuinroete-streek. 

Van der Walt sê die tema vir vanjaar se galery is VOEL/FEEL. “Dié versameling uitstallings bied ’n wonderlike geleentheid vir ons om meer te sien, voel en te verstaan oor die manier waarop ons gevoelens en emosies ervaar en verwerk. Ek hoop dat alle kykers hierdie aanbod verrykend en opwindend vind,” sê sy.

Die ses uitstallings in vanjaar se galery is: Emotion (Emosie),saamgestel deur Absa met Dr. Paul Bayliss as kurator, Feeling Things, saamgestel deur Donavan Mynhardt, Paint. Verf., saamgestel deur Johan Myburg, If you think about it, just midding in the meantine (or) progression, saamgestel deur Fadzai Muchemwa, Something Pauses, saamgestel deur Christa Swart en Amplifica: A Medley of Moods in Miniature, deur Van der Walt self saamgestel.

Bayliss, senior spesialis-kunskurator van Absa, sê hoewel ons nie die kunste fisiek kan geniet nie, is dit baie belangrik vir die kunste dat Absa en die KKNK volhard het om die visuele kunste direk na kykers te bring in die virtuele wêreld waarin ons tans leef. “Die kunste is die een plek waar ons lewe kan gee aan moontlikhede wanneer ons die stories van ons verlede, hede en toekoms vertel. 2021 is die 16de jaar van Absa se trotse betrokkenheid as borg van die KKNK en dit getuig van die wedersyds voordelige aard van hierdie verhouding, terwyl ons voortgaan om ’n vormende rol in ons gemeenskap te speel,” sê Bayliss. 

Theart sê daar is iets vir ieder en elk by die uitstallings met fantastiese kunswerke te koop vanaf slegs R500. “Alle Absa-kliënte ontvang boonop 10% afslag op hulle aankope,” sluit hy af. 

Besoek die KKNK Virtuele Galery, ondersteun deur Absa, by www.kknk.co.za/afdeling/virtuele-galery/. Navrae kan gerig word aan kuns@kknk.co.za

Deel op facebook
Facebook
Deel op twitter
Twitter
Deel op linkedin
LinkedIn
Deel op whatsapp
WhatsApp
Deel op email
Email

Gesels saam

Mandjie 0

Teken in

Maak 'n rekening oop

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privaatheidsbeleid.

Wagwoord herwinning

Het jy jou wagwoord vergeet? Voer asseblief u gebruikersnaam of e-posadres in. U sal 'n skakel ontvang om 'n nuwe wagwoord per e-pos te skep.