Uitkampteater

Dié bekroonde kortkuns-program sluit onder meer Nederlandse kunstenaars, talent van die plaaslike distrik, die wenners van die DCAS Eden Dramafees en opwindende werke van jong en gevestigde teatermakers in. Die samestelling sorg vir ’n verskeidenheid van genres om jonk en oud te vermaak. Uitkampteater kan daagliks gesien word voor die Absa Burgersentrum. Kaartjies is alleenlik beskikbaar by die area en kan nie vooraf bespreek word nie.

Voor die Absa Burgersentrum 
Daagliks 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 19:00

DIE LEEUTEMMER, DIE GYPSY EN DIE KAS VOL HARTSEER NARRE
MET Èmil Haarhof en Tiaan Slabbert TEKS Henque Heymans REGIE Ben Pienaar en Johan van der Merwe VERVAARDIGER Theatrerocket

Welkom by die sirkus! Kom sien gunstelinge soos Tarzan – die leeutemmer met (of sonder) sy briljante leeu, Simba. Beleef die donker en misterieuse voorspellings van Madamme Fur, ons eie sigeunerin-fortuinverteller, vars uit Roemenië (of dalk die tronk). Moet ook nie vergeet van ons drie … nee, ons twee narre nie. Hulle sukkel deesdae om te glimlag, maar sal maklik een op jou gesig kan sit, sou hulle lank genoeg hul hande van mekaar kan afhou. Hoekom net een kyk as jy al drie kan sien vir die prys van … drie! Kom wees weer jonk. Ons wag vir jou!
Afrikaans | Gesin | R30 | 22 min.

halfSes VIR SESUUR
Met Stephanie Gericke TEKS EN REGIE Llandi Beeslaar

Ten spyte van absurde onderbrekings probeer twee vriende steeds hul ete geniet. Die verhoog is gedek vir ’n aand vol ongemaklike stiltes, onverwagse waarhede en miskien selfs nagereg. Kom sit gerus saam met ons aan tafel … letterlik!
Afrikaans | Gesin | R30 | 22 min.

HIGHway
MET Llewellyn Bond TEKS EN REGIE Samuel Jumat VERVAARDIGER Fantasties Dramaties

Die pad lyk lank en uitputtend. ’n Paar motors stop op die snelweg – honger vir goedkoop liefde. Dan stop daar ’n spesiale persoon. 
Afrikaans | Geen o/10 | R30 | 25 min. 

GEWONE TEE, ASSEBLIEF
MET en TEKS Richard Antrobus VERTALING  Nico Scheepers VERVAARDIGER OddBody Theatre

Dit is net nog ’n dag in Jan se lewe. Hy het uiteindelik ’n werk gekry. Dit is sy eerste dag by die werk en hy het ’n eenvoudige opdrag: “Gewone tee, asseblief.” Ongelukkig verloop dinge nie soos dit moet nie en alles ontaard in ’n warboel in sy desperate poging om vir sy baas ’n koppie tee te maak. Sal Jan dit regkry? Dié komiese mimiek-solovertoning is die tweede aflewering in Richard Antrobus se uitbeelding van Jan se pogings om teen die oormag te stry – ’n strokiesprentagtige maltrap-avontuurreeks.
Afrikaans | Geen o/10 | R30 | 25 min. 

SPRINGTIME
Hendrick-Jan de Stuntman meets Merel Kamp 
MET Jos van Wees en Merel Kamp REGIE Vincent de Rooij

’n Baldadige komedie in die styl van ’n tradisionele stilprent. ’n Man en ’n vrou hang aan spiraalvere wat aan ’n staalstruktuur vasgemaak is. Weens die spiraalvere is hul beweging beperk. Dit lei tot vertraagde, lomp en karikatuuragtige reaksies. Die storie begin waar hulle ontmoet, en die pad wat hulle dan loop tot by die onvermydelike “en hulle het daarna lank en gelukkig saam geleef”. ’n Skouspelagtige visuele vertoning waarin die clichés opbou tot ’n tragikomiese liefdesverhaal.
Gratis | Gesin | 20 min.

STORIES OOR DIE MEERMIN
MET Poem Mooney en ds. André Boezak

Sy woon by die watergat by die Rooikranse suid van Oudtshoorn. By die draai by Bakenskraal waar die watervrou en waterfamilies, waterslange, watergeeste en waterakkedisse woon. Die Klein Karoo is bekend vir sy riviere, name soos Olifant, Kammanassie, die Traka, Dwyka en Gamka. Die meeste is Khoi-name. Trake is die rivier van die vrou; Olifants die speelplek van die watervrou/watermeid. Kom luister elke dag na inheemse stories oor die watermeid en haar speelplek in die riviere, soos vertel deur Poem Mooney en André Boezak. Eie kultuurstories van in en om Oudtshoorn.
Afrikaans | Gesin | R30 | 20 min.

JAN ALLEMAN
MET en TEKS Richard Antrobus VERTALING  Nico Scheepers VERVAARDIGER OddBody Theatre

Jan Alleman is die eerste aflewering in Richard Antrobus se komiese mimiekreeks wat in die eienaardige, alledaagse lewe van een man delf – Jan. Jan wil net normaal wees, maar noem dit die noodlot, karma of teëspoed – alles loop net altyd verkeerd, ten spyte van sy pogings om sukses te behaal. Dit is selfs ’n stryd om soggens op te staan, wat nog te sê om ’n werk te vind. Gaan hy die oormag te bowe kom? In dié komiese mimiek-solovertoning word verskeie karakters met ’n fisieke behendigheid uitgebeeld en dit beloof om pret vir die hele gesin te wees. 
Afrikaans | Gesin | R30 | 20 min.

TILL DEATH DO US PART
MET Jurgen McEwan en Ame Reinke

In dié fisieketeater-produksie word die liefdesverhaal van Adam en Eva vertel. Adam wat Eva wil laat glimlag, en Eva wat Adam te alle tye versadig en vertroos wil laat voel. Aangevul met musiek gaan die gehoor op reis saam  met  Adam en Eva – as verliefdes, pas getroudes en ook in die stereotipiese rolle wat aan mans en vroue toegeken word. Adam sien uit na hul eerste soen, Eva sien daarna uit om die res van haar lewe saam met Adam deur te bring. Adam volg Eva en Eva volg Adam. 
Afrikaans en Engels | Gesin | R30 | 15 min.

WHEN LOVE RESIGNS
MET Charné Jansen en Gashmée Harrison TEKS en REGIE Mandisa Litoyi VERVAARDIGER Redefined 101

Patricia ontmoet uiteindelik die man van haar drome en is halsoorskop verlief. Sy moet egter haar verwagtinge van die liefde aanpas wanneer sy uitvind dat hy deur sy eie demone geteister word. Hierdie storie volg die lewe en ellendes van hierdie jong paartjie en hoe Patricia sukkel om mans te vertrou. Is Liam regtig die perfekte man of steek hy ’n geheim weg wat die pad van hul liefde vir ewig kan verander?
Afrikaans en Engels | Gesin | R30 | 25 min.

Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google