Deel jou gunsteling foto’s en videos van die afgelope 24 jaar se #KKNK’s op #Facebook & #Instagram met die hutsmerke #KKNK #ekOnthou en staan ’n kans om ’n feeservaring soos nog nooit van te vore te wen!

  • Gratis toegang tot die Kuierbuurt vir die duur van die fees. 

KKNK

  • Kaartjies vir 2 mense na 5 toneelstukke van jou keuse gedurende die feesweek.
  • Gratis toegang tot Laatnag by Netwerk24 se feeskafee.
  • 3 Etes vir 2 tydens die fees by uitsoek-restaurante.
  • ’n “Zip-line” ervaring vir twee om die adrenalien te laat pomp.

KKNK

  • ’n Bossafari wyn en tapastoer vir twee. (’n Wyn-en-tapas-avontuur na drie verskillende uitkyk-punte waar wyn met heerlike tapas bedien word. Jy kan verwag om van die 22 spesies diere op die landgoed te besigtig.)

KKNKInskrywings sluit 31 Januarie 2019 en die wenner word 1 Februarie aangekondig. Maak seker jy skop die nuwe jaar af met groot opwinding en iets om na uit te sien! #KKNK25 #onsOnthou

Wat is die Kuierbuurt?
Hope musiekvermaak saans by die Huisgenoot-verhoog en die Castle Lager-verhoog en kinderpret by die Speelbos. Proe heerlike wyn en deli-produkte by Liplekker, doen Kunsmark-inkopies en ontspan by kroeë en kosstalletjies.

Daar is hope vermaak vir die hele gesin in die Kuierbuurt. Aktiwiteite vir kinders sluit in teater in verskeie genres, voorlesings uit kinderboeke en hope ander pret by die Speelbos. By Liplekker kan jy heerlik wyn proe en smul aan deli-produkte. Daar is ook ander kroeë en rusareas.

‘n Wye verskeidenheid musiek programme word op die Dag- en Aandverhoë aangebied. Bring saans jou piekniekmandjie en kuier lekker terwyl die land se topkunstenaars en nuwe stemme jou vermaak.

By die menigte stalletjies kan jy handwerk, kosprodukte, gereedskap en nog baie ander produkte aanskaf. Die manne kan ook rondkyk tussen die nuutste voertuie en trekkers op die mark.