Wenners van tweede Dramaweb SA-toneelspelkompetisie bekend

 Aan talent is daar in Suid-Afrika geen tekort nie, en die jong akteurs wat aan vanjaar se Dramaweb SA-toneelspelkompetisie deelgeneem het, is ’n klinkende bewys daarvan!

Die finaliste het op Saterdag 3 Julie en Sondag 4 Julie hul harte uitgespeel tydens die finale ronde wat regstreeks aanlyn gestroom is – ’n trotse vennootskap tussen Dramaweb SA, die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV).

Deelnemers het vir die eerste ronde met video-opnames ingeskryf. Dié inskrywings is beoordeel om uiteindelik die finaliste in elke graad aan te wys. Deelnemers het kommentaar op hul inskrywings ontvang en dit was in die finale rondes duidelik dat hulle dit ter harte geneem het, want die finaal was van uitstaande gehalte en baie vermaaklik.

Lizané Basson, algemene bestuurder van die KKNK, glo sterk in die doel van die kompetisie. “Die uitleef en ontwikkeling van talente en belangstellings in ’n tyd wat ook vreemd en onvoorspelbaar is vir kinders, is  belangrik. Om steeds hulself te kan ontdek en te groei deur geleenthede soos hierdie is noodsaaklik. Die KKNK salueer ouers en afrigters wat die waarde hiervan raaksien en ons hoop om volgende jaar nog meer kinders en tieners te bereik en die liefde vir teater en die kunste verder uit te bou.”

Ira Blanckenberg, eienaar van Dramaweb SA, sê sy het tussen ’n warboel van administrasie en harde werk gewonder wat haar besiel het om hierdie projek aan te pak. “Maar dan kom die terugvoer van regoor die land, met waardering van kinders wat nooit geleenthede kry nie, tot dié wat hoop om eendag drama te studeer en so dankbaar is vir die gedetailleerde terugvoer. Met die finale rondes het my hart ontplof van trots,” sê sy. 

“Die akteurs kon uitblink ondanks die huidige Covid-19-pandemie en is aanlyn deur honderde kennisse, vriende en familielede ondersteun, iets wat wonderlik was om te aanskou en te beleef. Ons is ongelooflik trots op die standaard van die deelnemers, en dankbaar vir die ondersteuning van heinde en ver. Om ’n verskil in jong akteurs se lewens te maak, beteken vir ons alles. Ons sien reeds uit na volgende jaar.” 

Waldi Schultz, een van die beoordelaars in die finale ronde, sê dit was ’n voorreg om die opkomende talent van ons land in aksie te sien. “Baie geluk aan almal wat aan Dramaweb SA se tweede nasionale aanlyn toneelspelkompetisie deelgeneem het. Ek is ongelooflik opgewonde om te sien hoe dié jong spelers in die toekoms nog gaan groei. Hou aan skaaf en poleer aan jou talent en deel jou stories met ywer en liefde met die wêreld.” 

As jy die finaal misgeloop het, kyk dit op Dramaweb SA se Facebook-blad.

HIER IS DIE WENNERS:

AFRIKAANS Graad RR tot 1
Wenner: Anje Moolman, Laerskool Die Krans
Tweede plek: Alice Engela-mari Grobler, Laerskool Roodekrans (Dramatix)
Derde plek: Gerhardus Oosthuizen, Voluit Primêre Skool

AFRIKAANS Graad 2 tot 4
Wenner: Jacobus Oosthuizen, Voluit Primêre Skool
Tweede plek: Wehann Snyman, Laerskool Anton van Wouw
Derde plek: Leila Erasmus, Welkom Volkskool

AFRIKAANS Graad 5 tot 7
Wenner: Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville
Tweede plek: Mabel Matthee, Rûens Kollege
Derde plek: Luhan Kruger, Curro Nelspruit

AFRIKAANS Graad 8 tot 10
Wenner: Marelee Ferreira (Curro Windhoek Gimnasium) en Danelle Jacobs (Hoërskool Martin Oosthuizen)
Tweede plek: Monja van Heerden, Hoërskool Noordheuwel
Derde plek: Genna Labuscagne, Hoërskool Noordheuwel (Dramatix)

AFRIKAANS Graad 11 tot 12
Wenner: Cara-mari Botha, Hoërskool Framesby
Tweede plek: Zoë Labuscagne, Hoërskool Noordheuwel (Dramatix)
Derde plek: Estia Scheepers (Hoërskool Noordheuwel) en Karli Marais (Hoërskool Noordheuwel, Dramatix)

ENGELS Graad RR tot 1
Wenner: Alice Engela-mari Grobler, Laerskool Roodekrans (Dramatix)
Tweede plek: Khanya Duvenhage, tuisonderrig
Derde plek: Stefan Pretorius (Laerskool Randfontein) en Isabella Augusto (Veeashe Studio)

ENGELS Graad 2 tot 4
Wenner: Wehann Snyman, Laerskool Anton van Wouw
Tweede plek: Elizabeth Coetzer, Curro Durbanville
Derde plek: Lourens Pauer, Laerskool Helderkruin (Dramatix)

ENGELS Graad 5 tot 7
Wenner: Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville
Tweede plek: Ilé Snyders, Laerskool Bredasdorp
Derde plek: Sebastian Pretorius (Laerskool Randfontein) en Janel Meijer (Laerskool Anton van Wouw)

ENGELS Graad 8 tot 10
Wenner: Kayla Pietersen, Worcester Gimnasium
Tweede plek: Rudo van Diemen, Pretoria Boys High School
Derde plek: Unathi Mankahla, Hoërskool Parel Vallei

ENGELS Graad 11 tot 12
Wenner: Pamela Phakhati, Apex High School
Tweede plek: Emma Louise van Wyk, Global Leadership Academy
Derde plek: Jemma Miller, tuisonderrig

HIER IS DIE WENNERS:

Die KKNK word ondersteun deur Absa en Media24, met verdere ondersteuning van onder meer die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Departement van Kultuursake en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn-munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton-stigting.

Deel op facebook
Facebook
Deel op twitter
Twitter
Deel op linkedin
LinkedIn
Deel op whatsapp
WhatsApp
Deel op email
Email

Gesels saam

Mandjie 0

Teken in

Maak 'n rekening oop

Your personal data will be used to support your experience throughout this website, to manage access to your account, and for other purposes described in our privaatheidsbeleid.

Wagwoord herwinning

Het jy jou wagwoord vergeet? Voer asseblief u gebruikersnaam of e-posadres in. U sal 'n skakel ontvang om 'n nuwe wagwoord per e-pos te skep.