KKNK 2024

Winkel-aansoekvorm

SLUITINGSDATUM:
Aanlyn aansoeke sluit op 15 Januarie 2024

ADMINFOOI BETAALBAAR:
R150.00

OPPAK VAN PRODUKTE deur die KKNK-winkelpersoneel na die fees: R350

KUNSTE ONBEPERK
PROJEKTE

Absa
Rekeningnommer:
406 333 5414
Takkode:
632005

(Gebruik jou stalletjienaam
as verwysing)

KKNK 2024 - KKNK-winkel Aansoekvorm

Kontakbesonderhede van eienaar


Besonderhede van kontakpersoon

Besonderhede van kontakpersoon: Die kontakpersoon dien as die skakel tussen jou en die KKNK en moet maklik bereikbaar wees en in staat wees om besluite te maak. Die KKNK kommunikeer elektronies, so die kontakpersoon moet verkieslik oor ’n e-posadres beskik. 


Produkbesonderhede


Klassifikasie van stalletjies


Terrein

Tipe stalletjie

Prys (BTW ingesluit)

Handelsure

Grootte

(m x m)

Feesmark

KKNK-winkel

R 1,950

10:00 – 19:00

2x1

Die KKNK-winkel is geleë in die De Jager-sportsentrum, toegerus met lugverkoeling en ’n sentrale verkoopspunt. Jou “stalletjie” verwys slegs na die spasie aan die binnekant. Jy moet jou eie area self uitpak, meubileer en versier. Die KKNK-winkel voorsien 2 x 1m spasies. Niemand word toegelaat om by hulle stalletjie te werk nie. Hierdie area maak van strepieskodes (barcodes) gebruik en word soos ’n winkel bestuur, met een ingang, een verkoopspunt en een uitgang. Addisionele dienste is beskikbaar, soos onder uiteengesit. Personeel vul alle stalletjies se voorraad deurlopend aan en hou dit netjies en skoon. 

Addisionele dienste benodig


Kommissie van 25% is betaalbaar op alle voorraad wat in die KKNK-winkel verkoop word. 

KKNK 2024: BEPALINGS EN VOORWAARDES VIR KKNK-WINKEL

 

ALGEMENE INLIGTING EN AANSOEKE

  • Laetitia Kotze van Boerevintage PTY (Ltd) in George is aangestel as die administrateur van hierdie projek by die KKNK in 2024 en is verantwoordelik vir alle toepaslike kommunikasie en navrae. 
  • Lees alle inligting sorgvuldig deur. 
  • ’n Nie-terugbetaalbare administrasiefooi van R150 (BTW ingesluit) is betaalbaar per aansoek om die administrasiekoste wat aangegaan word vir die verwerk en nagaan van jou aansoek te dek. 
  • Bank: Absa; Rekeningnaam: Kunste Onbeperk; Rekeningnommer: 406 333 5414; Takkode: 632 005; Verwys: Naam van jou stalletjie.
  • NB: Aansoek word slegs verwerk indien die administrasiefooi betaal is. 
  • Aansoeke wat na die sluitingsdatum van 15 Januarie 2024 ontvang word, sal nie geprosesseer word nie. 

 

HEG DIE VOLGENDE AAN SAAM MET JOU AANSOEK

  • Voldoende visuele materiaal vir keuringsdoeleindes (bv. skakels na sosiale media of foto’s) moet jou aansoek vergesel, selfs al het jy voorheen by die KKNK uitgestal. 
  • Bewys van betaling van jou administrasiefooi (R150). Stalletjienaam moet as verwysing gebruik word. 

 

STALLETJIEHUUR

  • Stalletjiehuur is vir die volle tydperk van die fees en pryse wat aangedui is sluit BTW in, soos aangedui. 
  • Die addisionele dienste soos aangedui op jou aansoekvorm word by jou stalletjiehuur bygevoeg. 

 

INFRASTRUKTUUR VAN STALLETJIES

  • Die KKNK voorsien slegs die uitstalspasie aan stalletjiehouers in die KKNK-winkel, geen addisionele infrastruktuur word verskaf nie.
  • Stalletjiehouers moet hulle eie spasies meubileer en versier en die uitstalling moet professioneel lyk en van ’n hoë gehalte wees.

 

KEURING EN VERWITTIGING

Keuring van stalletjies vind plaas tussen 16 en 20 Januarie 2024, slegs as daar aan die volgende kriteria voldoen word: 

  • Die aansoekvorm volledig voltooi is. 
  • Die aansoekvorm voltooi is met al die nodige ondersteuningsdokumentasie; en 
  • Die administrasiefooi ten volle betaal is. 

Die besluit van die keuringskomitee is finaal en sal via e-pos gekommunikeer word. Verwittiging vind plaas vanaf 25 tot 31 Januarie 2024. Suksesvolle aansoekers sal ’n faktuur ontvang wat voor 15 Februarie 2024 betaal moet word. Suksesvolle aansoekers sal ’n strepieskode-vorm ontvang, wat voltooi en teen 15 Februarie 2024 teruggestuur moet word. 

 

VRYWARING

Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat ek die korrekte inligting hier bo verskaf het. Ek sal nie die KKNK of die KKNK-winkelorganiseerders, hulle werknemers, of agente aanspreeklik hou vir enige eise of skade, direk of indirek, as gevolg van diefstal, beserings of enige moontlik oorsaak veroorsaak tydens die aanloop tot, of my tyd by die KKNK-winkel nie. In die geval van kansellasie of verandering van datums as gevolg van onvoorsiene omstandighede, insluitend force majeure, sal ek nie die organiseerders aanspreeklik hou vir enige verlies van verwagte inkomste of skade as gevolg van die kansellasie, uitstel of vertraging nie.