Dít is wat deelnemers aan die KKNK se heel eerste Youth Arts Festival, aangebied in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), kan verwag. ’n Bykomende, opwindende element van dié fees is die bekendstelling van aanlyn video’s deur professionele kunstenaars wat bykomende hulpmiddels vir onderwys in die kunste bied.
“Ons bied van 1 tot 4 April tydens KKNK ’n kyk-, luister-, voel- en ervaar-fees aan, gemik op alle hoërskoolleerders met ’n liefde vir die kunste met spesiale pakkette. Inhoud word saamgestel, sodat groepe ’n geleentheid kry om nie net die kunste buite die klaskamer te ervaar nie, maar ook professionele betrokkenes in die kunste te ontmoet en deel te neem aan gesprekke en werksessies. Hierdie is ook ’n wonderlike geleentheid om jongmense aan die KKNK bekend te stel, want hulle is inderdaad die gehore van die toekoms,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK.
Volgens Theart is die Youth Arts Festival saamgestel met die oogmerk om opvoedkundige ervarings aan deelnemers te bied. “Leerders landwyd word uitgenooi om by ons aan te sluit. Daar is ’n skool van so ver as Windhoek wat aangedui het dat hulle die Youth Arts Festival bywoon.” Theart voeg by dat die WKOD ook spesiaal 200 leerders na Oudtshoorn bring.
Anina Lundie, senior kurrikulumbeplanner in Skeppende Kunste by die WKOD, sê hulle moedig hoërskoolleerders en -onderwysers aan om die eerste KKNK Jeugkunstefees This initiative by the KKNK ensures that learners are exposed to high-quality experiences in the arts, which strengthen teaching and learning in the classroom. By exposing the youth to the arts, young audiences are cultivated who will not only respond to the future artistic and socio-economic needs of our province, but also the rest of South Africa.
Lundie sê verder dat deelnemers blootgestel gaan word aan dans, drama, musiek en visuele kunste, wat hulle gaan help om vakkeuses in die senior grade en uiteindelik ook loopbaankeuses in die kunste te maak. “Leerders van alle sfere en sosio-ekonomiese kontekste word uitgenooi na die Youth Arts Festival en hierdie kruisbestuiwing van leerders uit verskillende agtergronde gaan bewustheid van die kunste oor diverse kulture heen ontwikkel. Die belangrikste aspek van die eerste Youth Arts Festival is egter dat dit geletterdheid in en waardering vir die kunste skep, asook toekomstige gehore en liefhebbers van die kunste kweek.”
Op 3 April word die WKOD se ondersteuningsvideo’s, wat in samewerking met die KKNK en professionele kunstenaars oor die afgelope twee jaar opgeneem is vir die vak, Skeppende Kunste bekendgestel. Hierdie video’s word in ’n aanlyn formaat aangebied om as opvoedkundige materiaal en hulpmiddels in die Senior Fase kurrikulum vir dans, drama, musiek en visuele kunste vir onderwysers en leerders te dien.
“Leerders gaan baat vind by dié video’s wat geskep is deur praktiserende Suid-Afrikaanse kunstenaars, wat dien as rolmodelle en verteenwoordigend is van die oorheersende tale en kulturele kontekste van die Wes-Kaap. Die video’s fokus op die bou van vaardighede in die uitvoerende en visuele kunste, moontlike loopbaangeleenthede, asook entrepreneurskap-vaardighede en hoe dit ’n bydrae tot die kunste-ekonomie van Suid-Afrika kan maak,” sluit Lundie af.
’n Totaal van 107 video’s is vervaardig met onder andere Alan Committie, Ameera Conrad, Arno Carstens, Dean Balie, Dizu Plaatjies, Sylvaine Strike, Tinarie van Wyk Loots, Wessel Pretorius en vele meer. Dit is vervaardig as ’n samewerkende projek tussen die WKOD, Edumedia en die KKNK.
Volgens Roxy Levy projekbestuurder vir die bekendstelling van die video’s, hou die KKNK se eerste Youth Arts Festival ongelooflike voordele vir leerders in, nie net onmiddellik nie, maar ook in die toekoms. “Kreatiwiteit en verbeelding word geprikkel, wat hulle toelaat om uit die boks te dink. Leerders word deur optredes en werksessies aangemoedig om emosies te verken, empatie aan te leer, hulle gedagtes, liggaamlike en verbale-vaardighede te gebruik, om sodoende hul eie, unieke stemme te ontwikkel. Hierdie vaardighede word terugneem na die gemeenskappe waaruit hulle kom, waar hulle dit deel en ook hulle maats inspireer. Ons hoop dat die waardevolle vaardighede wat die leerdersgaan ontvang, in enige lewensituasie toegepas kan word en ’n integrale deel van hulle ontwikkel gaan vorm.”
Pholushi Malesa, Absa se Streeksbestuurder van Alledaagse Bankwese in die Oos- en Suid-Kaap, sê as ’n organisasie wat passievol is oor sy rol in die samelewing, sal Absa sessies vir die jeug aanbied wat op finansiële opvoeding en werksgereedheid fokus.
“Dié finansiële sessies sal sleutelonderwerpe insluit soos begroting en hoe om krediet verstandig te gebruik. Die werksgereedheidsessies vorm deel van Absa se ReadytoWork-program, wat ten doel het om jongmense wat gaan werk soek of hul eie onderneming wil skep, met vaardighede toe te rus. Die program verskaf leermateriaal om jongmense te help om die sagte vaardighede te verbeter wat nodig is om doeltreffend van opvoeding na die sakewêreld oor te gaan.”
“Absa gee ook erkenning aan die dikwels onbesonge helde en heldinne wat in ons jongmense se lewens belê en ons sal uit waardering hiervoor ’n middagete hou om die werk wat ons uiters waardevolle opvoeders doen, te erken en te vier,” sluit Malesa af.
Verskeie pakkette vir die KKNK Jeugkunstefees is beskikbaar, met opsies wat verblyf in- of uitsluit, na gelang van spesifieke behoeftes. Om jou kind in te skryf, kontak Lizané Basson per e-pos by lizane@kunste.org.za, skakel 044 203 8600 of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337. Die sluitingsdatum vir registrasie is Vrydag 10 Maart.
Die 27ste KKNK, geborg deur Absa, vind van 1 tot 9 April op Oudtshoorn plaas. Die volledige feesprogram is beskikbaar by kknk.co.za en kaartjies kan aanlyn by Webtickets of jou naaste Pick n Pay gekoop word.