’n KKNK-projek, ondersteun deur die Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, die Wes-Kaapse regering en die Oudtshoorn-munisipaliteit
MET kernspan van Tiffany Saterdaght, Theo (Oom Japsnoet) Witbooi, Colin Meyer, Diano October, Melikhaya Blou, Charissa Essau, Jermaine Bruintjies, Chantell Phillipus, Zietske Saaiman, Shandré Harris, Ferron Booysen en inwoners van Oudtshoorn FASILITEERDERS Neil Coppen en Vaughn Sadie
Multidissiplinêre gemeenskapsprogram
Karoo Kaarte. is ’n grensverskuiwende multidissiplinêre kunsteprogram wat sedert 2021 op Oudtshoorn lewe kry.
This multi-award-winning community project’s core revolves around Oudtshoorn stories that have not been told or documented before. Stories about personal spaces, memories from childhood and traditional knowledge of this Klein Karoo town and its people. A living archive is compiled by all participants in this exciting project and a platform is created that brings local talent to the fore, to broaden the national spotlight and include artists from home soil.
“Karoo Kaarte. se sukses lê daarin dat dit bestuur word deur mense wie se harte en arms oopstaan om almal van die gemeenskap wat wil deelneem te betrek.” – Diane de Beer, gerekende resensent
Teater en visuele kuns word as kreatiewe prosesse ingespan, ondersteun deur Karoo Kaarte. se navorsing en argief, om ’n spesiale program vir die KKNK saam te stel. Hierdie inhoud het oor die afgelope twee feeste harte gesteel met herinneringe, drome en kinderspeletjies eie aan Oudtshoorn-inwoners.
Op Oudtshoorn verwys “om kaarte te sny” na gesels en die vertel van ernstige en lighartige stories. Die naam Karoo Kaarte. sinspeel op dié dubbele betekenis van kaarte in die Oudtshoorn-streekstaal.
Karoo Kaarte. is reeds talle kere bekroon, onder meer met die BASA IDC Community Development-prys (2023), die Wes-Kaapse kuns-en-kultuur-prys vir mees innoverende kunstefees (2023) en die KKNK Herrie-prys vir innovasie of grensverskuiwende werk (2023 & 2022). Karoo Kaarte. is benoem vir vier Pendorings (2023) en dié projek se teaterproduksies, Die Swartmerrie (2024) Droomkraan Kronieke (2023) en Op hierie dag (2022), is vir meer as tien KKNK Kannas en vyf kykNET Fiëstas benoem. Die ensemble van Droomkraan Kronieke is met die Woordtrofee vir beste ensemble by die Toyota US Woordfees in 2023 bekroon.
Karoo Kaarte., saam met talle inwoners wat aan die navorsing deelgeneem het, betrek Oudtshoorn-gebaseerde visuele kunstenaars, digters, skrywers, kunstenaars, inheemse kennisdraers, musikante, leerders, onderwysers en aktiviste om vir die derde jaar inhoud dwarsdeur die fees en oral op die dorp aan te bied vir ’n herinterpretasie van die afgelope jare se navorsing.
’n Program is in 2024 aangebied wat twee kunsuitstallings, ’n grafiese roman, ’n muurskildery, staptoere met begeleiding van die Karoo Kaarte-app en ’n splinternuwe plekspesifieke teaterproduksie, Die Swartmerrie, saans by die eens fabelagtige, maar nou vervalle Oudtshoornspoorwegstasie ingesluit het.
“Karoo Kaarte is een van die KKNK se droomprojekte en groei jaarliks in iets meer indrukwekkend as toe dit aanvanklik begin het. Hoe kan so ’n projek nie wen as dit die onontwikkelde kunstalent van die voorheen benadeelde ontwikkel, deur ’n program te implementeer wat diegene bemagtig wat suksesvol in die kunste wil wees. Hierdie gemeenskap word deurlopend versterk. Dit is ’n wonderlike belegging in die toekoms van Oudtshoorn (en hopelik volg ander regoor die land).” – Diane de Beer, gerekende resensent