Suid-Afrika se jong aspirant-akteurs het vir die derde keer hul staal getoon in die gewilde KKNK Dramaweb SA-toneelspelkompetisie en die beoordelaars behoorlik laat kopkrap om die wenners aan te wys.
Die eindronde vir finaliste wat in Afrikaans aan dié aanlyn kompetisie deelgeneem het, het op Saterdag 18 Junie plaasgevind, met die Engelse finaliste wat mekaar op Sondag 19 Junie die toneelstryd aangesê het. Die finale is regstreeks op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se YouTube-kanaal uitgesaai en is steeds beskikbaar vir diegene wat die vreesloosheid en spogoptredes van die finaliste wil sien.
Ira Blanckenberg, eienaar van Dramaweb SA, sê die finaal was beslis ’n hoogtepunt en ’n voorreg om te sien. “Die jeug het alles gegee en met hul talent, toewyding, empatie en harde werk bewys dat hierdie beeldskone land van ons gaan floreer deur die viering van kultuur, teater en kreatiwiteit. Ons is oneindig trots op die standaard en op elke deelnemer en dankbaar vir elke ouer en afrigter vir hul aanmoediging en ondersteuning.”
Beoordelaar Athina Jansen is oorstelp deur die finaliste se talente: “Van die selfvertroue en dapperheid van die jonger leerders, tot die toewyding aan ’n karakter en storievertellers; van die tech savvy leerders en dié wat hul eie materiaal geskryf het, tot die wonderlike dramaonderwysers en ouers wat ondersteun het – ek is so dankbaar dat ek dit kon aanskou.”
Waldemar Schultz, nog ’n beoordelaar in die finale ronde, stem saam. “Wat ’n voorreg om die opkomende talent van ons land te aanskou. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het – ek is ongelooflik opgewonde om te kyk hoe die jong spelers in die toekoms groei,” vertel hy.
Beoordelaar Marvin Lee Beukes meen die standaard wat die jong akteurs stel, raak elke jaar hoër. “Hierdie jaar was ek weggeblaas deur die talent wat ten toon gestel is. Van die jongste kinders, wat nog net hulle toontjies in die diepe waters van drama begin steek, tot die ouer leerders wat al hier en daar aan die diep kant inspring. Dit maak my opgewonde.”
Die wenners is:

| AFRIKAANS Graad RR tot 1 | |
| Wenner | Riley Verheem, Improv Studios |
| Naaswenner | Chanté Benson, Laerskool Krugerpark |
| Derde Plek | Reine du Plessis, Improv Studios |

| AFRIKAANS Graad 2 tot 4 | |
| Wenner | Leila Erasmus, Welkom Volkskool |
| Naaswenner | Leila Palvi, Laerskool Gene Louw |
| Derde Plek | Marinell Wolmarans, Laerskool Gene Louw |

| AFRIKAANS Graad 5 tot 7 | |
| Wenner | Luca Human, Curro Durbanville |
| Naaswenner | Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville |
| Derde Plek | Mabel Matthee, Rûens Kollege |

| AFRIKAANS Graad 8 tot 10 | |
| Wenner | Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gimnasium |
| Naaswenner | Rico Immelman, Hoërskool Noordheuwel |
| Derde Plek | Anomé Meyer, Hoërskool Noordheuwel |
| Beoordelaarsprys | Zander Oberholster, Hoërskool Martin Oosthuizen |

| AFRIKAANS Graad 11 tot 12 | |
| Wenner | Danelle Jacobs, Hoërskool Martin Oosthuizen |
| Naaswenner | Ann-ne Venter, Hoërskool Durbanville |
| Derde Plek | Mariska Esau, Hoërskool Apex |

| ENGELS GRAAD RR tot 1 | |
| Wenner | Khanya Duvenhage, tuisskool |
| Naaswenner | Reuben de Jager, Parys Primêre Skool |
| Derde Plek | Stefan Pretorius, Laerskool Randfontein |

| ENGELS Graad 2 tot 4 | |
| Wenner | Milan van Niekerk, Laerskool Roodekrans |
| Naaswenner | Telika Kruger, Trinity Little Falls |
| Derde Plek | Annabella Stam, Curro Durbanville |

| ENGELS Graad 5 tot 7 | |
| Wenners | Mia-Cecilia Kriel én Grace Lynch, Curro Durbanville |
| Naaswenner | Rossouw van Wyk, Laerskool Nelspruit |

| ENGELS Graad 8 tot 10 | |
| Wenner | Lillian de Valle, Hoërskool Grantleigh |
| Naaswenner | Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gimnasium |
| Derde Plek | Ethan Bester, Hoërskool Randburg en Unathi Mankahla, Hoërskool Parel Vallei |
| Beoordelaarsprys | Lenadri Groenewald, Hoërskool Noordheuwel |

| ENGELS Graad 11 tot 12 | |
| Wenner | Taylor Davids, Hoërskool Apex |
| Naaswenner | Sakhikhaya Zingange, Hoërskool Apex |
| Derde Plek | Courtney Schelhase, Hoërskool Tygerberg |
Die pryse ter waarde van meer as R50 000 in totaal sluit in:
Die gewilde oudio-leesplatform BiB is een van vanjaar se borge en twee gelukkige wenners(een in Afrikaans en een in Engels) kan elk ’n betaalde stemkontrak wen om ’n oudio-boekvoorlesing vir hulle te doen, wat dan op hul platform gepubliseer sal word! Die twee wenners word binnekort aangekondig.
30 geskenkbewyse (R300 elk), 30 geskenksakkies gevul met hul PNA-handelsmerkprodukte
2 i-Glide “hoverboards” van Exclusive Brands Online
5 geskenkpakke (R500 elk) en 3 “unboxing” YouTube-geleenthede van Yokico
10 geskenkbewyse (R200 elk) van Bargain Books
2 geskenkbewyse (R1 000 elk) by enige twee handelaars in die N1-Stad-winkelsentrum
2 grimeergeskenkpakke (R800 elk) van Revlon
2 Volkano Bluetooth-luidsprekers (R780 elk) van Dischem
5 geskenkbewyse (R200 elk), en 10 geskenkbewyse (R50 elk) van Wimpy
2 geskenkpakke (R400 elk) van Clippa Sales
10 geskenkbewyse (R50 elk) van Vida e caffè
Die finale kan aanlyn by hierdie skakel gekyk word: www.youtube.com/c/KleinKarooNasionaleKunstefees.