Verbeel jou jy kan jou produkte by die KKNK verkoop, al kan jy nie self by die KKNK op Oudtshoorn wees nie.
By die KKNK-winkel is dit moontlik! Dié winkel swaai sy deure oop in die Feesmark en is perfek vir uitstallers en handelaars wat nie tydens die fees ’n gewone stalletjie kan beman nie. ’n Verskeidenheid geskenk-idees en aandenkings is hier beskikbaar, met produkte van verskillende uitstallers wat in ’n winkel-formaat met een sentrale betaalpunt te koop is.
Meer as 100 uitstallers!
How?
As deel van die KKNK-winkel, ontvang uitstallers ’n winkelrakspasie van 2m x 1m in ’n lugverkoelde area. Uitstallers rig self hulle winkelrakspasie in met dekor en ander bykomstighede en sorg dat die aanvanklike voorraad uitgepak is. Na die begin van die fees, verseker die KKNK-winkel se personeel dat voorraad deurlopend aangevul word – geen uitstallers word toegelaat om by hulle spasies te werk nie.
Where?
Die KKNK-winkel is in die Feesmark geleë
Costs
R1 975 (VAT included) per space of 2m x 1m
25% kommissie op verkope
Trading hours
10:00 tot 18:00
Closing date for applications
Vrydag 20 November 2026
How to apply
Om aansoek vir ’n spasie in die KKNK-winkel te doen, stuur voor die sluitingsdatum ’n e-pos na Laetitia Kotze by info@boerevintage.co.za.