KKNK

Accommodation

Om ’n voluit feeservaring vir almal by die KKNK se 30ste verjaarsdagpartytjie te verseker, is daar verskillende opsies vir verblyf beskikbaar. Loer deur die opsies hier onder en as jy steeds hulp nodig het, of navrae het, kontak die feeskantoor. 

Groter Oudtshoorn en De Rust Toerisme

Formele opsies vir verblyf, waaronder hotel, gastehuis of selfsorgeenhede kan via die Groter Oudtshoorn en De Rust Toerismekantoor bespreek word.

Besoek oudtshoorn.com om aanlyn te bespreek, of kontak hulle by 044 279 2532 of stuur ’n e-pos na enquiries@oudtshoorn.com. 

KKNK

Camping

Daar is ’n kampterrein by Laerskool Wesbank se sportvelde. Vir meer inligting hieroor, kontak vir Daventia Kennedy by daventia@kunste.org.za. 

’n Spesiale kampterrein by die Van Reede-skool vir studente en meer inligting oor pakkette vir studente is beskikbaar by Amanda Duvenhage by amanda@dryland.co.za.  

Koshuisverblyf

Verskeie opsies vir verblyf in koshuise is beskikbaar. Kontak vir Nici van der Merwe by info@kunste.org.za vir meer inligting hieroor. 

Adverteer jou verblyf 

Het jy verblyf in en om Oudtshoorn wat jy wil adverteer of by die KKNK wil lys? Kontak vir J.C. Aucamp by jc@kunste.org.za vir meer inligting hieroor. 

KKNK 2026: 28 Maart tot 4 April