Hekke maak 17:00 vir konsertgangers oop, met musiek wat 18:00 begin.
Danie Reënwolf, hoofsanger van Spoegwolf, sê hulle is geweldig opgewonde om uiteindelik weer in Oudtshoorn te wees. “Die sterrenag in Oudtshoorn is net iets anders. Ons kan nie wag om al ons grootste songs, grootste kuier en grootste klank na Oudtshoorn te bring nie.”
Spoegwolf is een van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse rockgroepe en deel hul kenmerkende energie en treffers op die verhoog saam met Tasché se unieke stem en kontemporêre klank, asook Oudtshoorn se eie Noemwoord.
Die pragtige Surval Boutique Olive Estate, geleë in die Klein Karoo se natuurskoon met ’n pragtige uitsig oor die Swartberge, is die perfekte venue vir dié opelug-musiekkonsert. Konsertgangers gaan hier wonderlike musiek en egte Klein Karoo-skoonheid en -gasvryheid geniet.
Shanel Lambrechts, algemene bestuurder van Surval Boutique Olive Estate, sê hulle sien daarna uit om die fantastiese kunstenaars én al die musiekliefhebbers uit die omgewing by die eerste Hemelruim te verwelkom. “Die verhoog is gereed, die sterre skyn helder hier by ons én die musiek wag om die aand met besonderse klanke te vul. Hemelruim beloof ’n aand onder die Klein Karoo se sterreprag waar herinneringe gemaak gaan word wat vir altyd gaan bly.”
Saterdag 10 Oktober is ’n bedrywige dag in die Klein Karoo, met besoekers van ver en wyd wat in die oggend aan De Rust se Optimum Meiringspoort-halfmaraton deelneem. Na ’n rustige middag van herstel, is Hemelruim die ideale geleentheid om die dag se aktiwiteite op ’n hoë noot af te sluit: Hardloop in die oggend, kom sing en dans in die aand.
Kaartjies vir Hemelruim is aanlyn beskikbaar by Computicket, Checkers-, Shoprite- of Usave-winkels en die KKNK se kantoor op Oudtshoorn. Kaartjies is ook by die venue te koop, onderhewig aan beskikbaarheid.
Verversings is tydens die konsert beskikbaar met kroegfasiliteite en verskeie opsies vir eetgoed. Vir meer inligting, besoek hemelruim.co.za, stuur ’n e-pos na sterre@hemelruim.co.za, skakel 044 203 8600 of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337.
Hemelruim word aangebied deur die KKNK. Volgende jaar se KKNK word van Dinsdag 23 tot Saterdag 27 Maart 2027 op Oudtshoorn aangebied.
Foto’s aangeheg
- Hemelruim, Oudtshoorn se eerste woestyn-disko, word hierdie Saterdag (10 Oktober) by die pragtige Surval Boutique Olive Estate aangebied.