HANS VAN DER VEEN: Die man wat die magiese oomblikke geruisloos vasvang

Die spesiale Kanna vir diens aan die
KKNK word vanjaar toegeken aan
Hans van der Veen, ’n boorling van
Oudtshoorn, kliniese sielkundige,
uitsonderlike fotograaf en op sy
dag die houer van verskeie junior
Suid-Afrikaanse rekords in die
middelafstande.