As jy ’n liefde het vir die kunste, kultuur en die unieke gees van die Klein Karoo – is die Vriende van die KKNK perfek vir jou.
Geniet eksklusiewe voordele regdeur die jaar, waaronder eerste opsie vir besprekings, afslag op kaartjies en nou ook afslag by onder meer uitgesoekte besighede op Oudtshoorn.
Die KKNK vier in 2026 die fees se 30ste verjaarsdag en ons nooi jou om ’n Vriend van die KKNK te word. Sodoende ondersteun jy nie net die kunste nie, maar geniet ook verskeie lekker voordele by ons jaarlikse projekte – die KKNK, Klein Karoo Klassique en Teksmark.
Word vandag ’n Vriend van die KKNK – en vier saam met ons 30 jaar van inspirasie, kreatiwiteit en samehorigheid!
Word só ’n Vriend van die KKNK:
Lidmaatskap is in die vorm van ’n donasie van ’n minimum van R600 en is geldig vir ’n tydperk van 12 maande (November 2025 tot Oktober 2026).
Betaal jou ledegeld en donasie elektronies aan Kunste Onbeperk.
Gebruik jou naam en van as verwysing.
Stuur asseblief ’n bewys van betaling aan Daleen Witbooi en kontak haar vir enige verdere inligting by 044 203 8600, via WhatsApp by 065 285 2337 of per e-pos by info@kunste.org.za.
Kunste Onbeperk bankrekening:
Rekeningnaam: Kunste Onbeperk Kliek
Bank: Absa
Rekeningnommer: 916 380 7605
Takkode: 632005