Die derde Teksmark Joburg word Woensdag 21 Oktober by die Universiteit van Johannesburg aangebied en die tweede Teksmark Oudtshoorn op Vrydag 6 en Saterdag 7 November 2026 by Die Neelsie-teater op Oudtshoorn aangebied.
’n KKNK- en NATi-projek. Ondersteun deur UJ Kuns & Kultuur, die Baxter-teater en die Het Jan Marais Nationale Fonds.
Wat is Teksmark?
Die doel van dié projek is om die skep van nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste aan te moedig en aan skrywers ’n geleentheid te bied om hul idees en tekste vir moontlike verdere ontwikkeling aan belanghebbendes in die teaterbedryf bekend te stel. Vanjaar is daar ’n spesifieke fokus op teksidees in die genres van kabaret, satire of komedie met sosiopolitieke kommentaar en, hoewel teksidees in alle genres aanvaar is, is voorkeur aan hierdie tekste gegee tydens keuring.
Let wel: Besoekers by Teksmark Joburg 2026 benodig ’n geldige bestuurslisensie of ID-dokument om toegang tot die UJ-kampus te verkry.
Teksmark Baxter 2026
Teksmark is op Donderdag 10 en Vrydag 11 September 2026 vir die 11de keer by die Baxter-teater in Kaapstad aangebied.
Sessie 1
10 September
Sessie 2
10 September
Sessie 3
10 September
Sessie 4
11 September
Sessie 5
11 September
Hoe werk inskrywings?
- Die sluitingsdatum vir teksidees was Vrydag 17 Julie 2026 om middernag.
- Slegs aanlyn inskrywings wat teen die sluitingsdatum ontvang is, is deur die paneel oorweeg.
Wie mag deelneem?
Alle skrywers (hetsy gevestig of opkomend) kon voorstelle indien.
Navrae: Indien jy enige navrae het, kontak vir Astrid van Ster via e-pos by astrid@kunste.org.za of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337.
Hoe werk Teksmark?
Voorstelle word oorweeg om as leesteater by die Teksmark in Kaapstad, Johannesburg of Oudtshoorn aangebied te word. Verteenwoordigers van teaters en feeste, asook vervaardigers en ander moontlike beleggers word na die Teksmark genooi.
Tydens die Teksmark kry skrywers die geleentheid om oor hul teksidees te gesels. ’n Voorlegging oor die teksidee word hier aangebied, waarna ’n uittreksel as leesteater opgevoer word, gevolg deur ’n gesprek met insette van die rolspelers en lede van die gehoor. Die mark is oop vir enige van die belanghebbendes om met skrywers te onderhandel oor moontlike belegging in/of en verdere ontwikkeling van hul tekste.
Omdat daar beperkte tydgleuwe beskikbaar is, kies ’n paneel ’n beperkte aantal tekste uit al die voorstelle wat deur die KKNK ontvang word.
Regisseurs en akteurs word in oorleg met die skrywer aangestel om die uittreksels op te voer.
Kriteria vir die indien van voorstelle
- Teksmark is slegs vir Suid-Afrikaanse burgers.
- Tekste in enige genre word aanvaar, maar in 2026 word ’n sterk fokus geplaas op kabaret, komedie en satiriese tekste wat sterk sosiopolitieke kommentaar lewer en skrywers word aangemoedig om tekste in hierdie genres voor te lê.
- Tekste/voorstelle in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale word oorweeg.
- Veeltalige produksies word verwelkom.
- Slegs tekste wat nog nooit voorheen professioneel opgevoer is nie, word oorweeg.
- Alle voorstelle moet volledig ingedien word en vergesel word van die nodige inligting en dokumente.
- Geen laat aansoeke word oorweeg nie en die sluitingsdatum sal nie verleng word nie.
- Geen handgeskrewe voorstelle word oorweeg nie – dit moet in Word of pdf-formaat ingedien word.
- ’n Teksidee bestaan uit die volgende: ’n tema, storielyn, kort beskrywing van die karakters en minstens vyf bladsye met teks of dialoog. Volledige tekste is welkom maar nie ’n vereiste nie. Daar moet ten minste 10 minute se speelteks ingedien word om oorweeg te word.
Herleef Teksmark Joburg 2024
Kyk die volledige sessies van Teksmark Joburg 2024 hier onder