Tydelike werk
Die 31ste KKNK word in 2027 op Oudtshoorn aangebied en aansoeke vir tydelike werk by dié fees, kan nou aanlyn ingedien word.
Of jy nou ervaring het, of bloot ’n entoesiastiese gees is wat graag wil help, enigiemand tussen 16 en 60 jaar oud kan aansoek doen vir tydelike werk en sodoende deel van die feesspan by die KKNK word.
Verskeie poste is beskikbaar, waaronder hekbeamptes, algemene werkers in die tegniese – en logistieke spanne, kelners, drywers en skoonmakers. Dit bied die perfekte geleentheid om waardevolle ervaring op te doen, nuwe mense te ontmoet en te sorg vir ’n ongelooflike feeservaring aan die duisende feesgangers wat die KKNK bywoon.
Doen só aansoek
Opsie 2
Verkies jy ’n hardekopie? Besoek een van die uitgesoekte afsetpunte vir ’n uitgedrukte aansoekvorm, vanaf 15 Januarie 2027.
Sluitingsdatum
vir alle aansoeke is Vrydag 22 Januarie 2027 om 16:00.
Navrae
Indien jy enige navrae het, kontak Adrian Patrick via e-pos, bel die KKNK-kantoor of stuur ’n WhatsApp. Word deel van die KKNK-span agter die 31ste KKNK en maak jou bydrae tot nóg ’n onvergeetlike jaar.