Kunste Onbeperk: Vrywaring

Laaste hersiening: 15 Februarie 2023

Enige hersiening, heruitsending, verspreiding of ander gebruik, of stappe van enige handeling op grond van hierdie inligting deur persone of entiteite anders as die beoogde ontvanger, is verbode. Let wel: Enige verwysing na Kunste Onbeperk in hierdie e-pos-vrywaring impliseer ook alle filiale en departemente van Kunste Onbeperk, insluitend al hul werknemers.

As u hierdie boodskap per ongeluk ontvang het, moet u dit vernietig en sorg dat die sender in kennis gestel word. Ooreenkomste, gevolgtrekkings en ander inligting in hierdie boodskap wat nie met die amptelike onderneming van Kunste Onbeperk verband hou nie, moet verstaan word as inligting wat nie deur Kunste Onbeperk goedgekeur of gemagtig is nie. Stel die sender onmiddellik in kennis as u of u werkgewer nie toestem tot internet-e-pos met die oog op hierdie soort kommunikasie nie.

Redelike sorg is geneem om hierdie boodskap sonder skadelike rekenaarkodes oor te dra, maar Kunste Onbeperk en die sender kan niks in dié verband waarborg nie en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies wat gely, of skade wat die ontvanger aangerig is nie.

Kunste Onbeperk behou die outeursreg in hierdie boodskap sowel as alle aanhegsels hierby indien dit deur ’n medewerker van Kunste Onbeperk geskep is. Die sender van hierdie e-pos kan nie waarborg dat a) hierdie boodskap wel deur die sender gestuur is nie en b) die sender magtiging gekry het om die boodskap te stuur nie. Alle kwessies rakende verifikasie en outoriteit moet telefonies met die sender bevestig word.

Nieteenstaande die bepalings van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002, sal enige ooreenkomste wat met Kunste Onbeperk gesluit is, eers in werking tree sodra Kunste Onbeperk sodanige kontrakvorming in opvolgkommunikasie aangedui het. Alle e-pos-korrespondensie wat aan Kunste Onbeperk deurgegee word, sal geag word as ontvang sodra Kunste Onbeperk daarop reageer, en om twyfel te voorkom, word bevestig dat ’n outomatiese antwoord (autoreply) nie aan hierdie vereiste voldoen nie.

Hierdie e-pos-vrywaring geniet te alle tye voorrang bo enige ander e-pos-vrywaring wat ontvang word deur persone wat die e-posgeriewe van Kunste Onbeperk gebruik.