KKNK

Die 11de Teksmark word op Donderdag 10 en Vrydag 11 September 2026 by die Baxterteatersentrum in Kaapstad aangebied, met die derde Teksmark Joburg wat Woensdag 21 Oktober by die Universiteit van Johannesburg aangebied word. 

’n KKNK- en NATi-projek. Ondersteun deur die Baxter-teater, Het Jan Marais Nationale Fonds en UJ Kuns en Kultuur.

KKNK
KKNK
KKNK
KKNK
KKNK

Wat is Teksmark?

Die doel van dié projek is om die skep van nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste aan te moedig en aan skrywers ’n geleentheid te bied om hul idees en tekste vir moontlike verdere ontwikkeling aan belanghebbendes in die teaterbedryf bekend te stel. Vanjaar is daar ’n spesifieke fokus op teksidees in die genres van kabaret, satire of komedie met sosiopolitieke kommentaar en, hoewel teksidees in alle genres aanvaar word, word voorkeur aan hierdie tekste gegee tydens keuring.  

Teksmark 2026 Program binnekort beskikbaar

KKNK

Hoe werk Teksmark?

Voorstelle word as leesteater by Teksmark aangebied. Verteenwoordigers van teaters en feeste, asook vervaardigers en ander moontlike beleggers word na die Teksmark genooi.

Tydens Teksmark kry skrywers die geleentheid om oor hul teksidees te gesels. Die mark is oop vir enige van die belanghebbendes om met skrywers te onderhandel oor moontlike belegging in, of verdere ontwikkeling van, hul tekste.

Regisseurs en akteurs word in oorleg met die skrywer aangestel om die uittreksels op te voer.

Hoe om in te skryf

  • Die sluitingsdatum is Vrydag 17 Julie 2026 om middernag. 
  • Dien jou voorstel hier in met behulp van die maklike elektroniese vorm.
  • Jy sal ’n e-pos ontvang as erkenning van ontvangs van jou voorstel. 

Wie mag deelneem?

Alle skrywers (hetsy gevestig of opkomend) kan voorstelle indien.

Navrae: Indien jy enige navrae het, kontak vir Astrid van Ster via e-pos by astrid@kunste.org.za of stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337.

Hoe werk Teksmark?

Voorstelle word oorweeg om as leesteater by die Teksmark in Kaapstad of Johannesburg aangebied te word. Verteenwoordigers van teaters en feeste, asook vervaardigers en ander moontlike beleggers word na die Teksmark genooi.

Tydens die Teksmark kry skrywers die geleentheid om oor hul teksidees te gesels. ’n Voorlegging oor jou teksidee word hier aangebied, waarna ’n uittreksel as leesteater opgevoer word, gevolg deur ’n gesprek met insette van die rolspelers en lede van die gehoor. Die mark is oop vir enige van die belanghebbendes om met skrywers te onderhandel oor moontlike belegging in/of en verdere ontwikkeling van hul tekste.

Omdat daar beperkte tydgleuwe beskikbaar is, kies ’n paneel ’n beperkte aantal tekste uit al die voorstelle wat deur die KKNK ontvang word. 

Regisseurs en akteurs word in oorleg met die skrywer aangestel om die uittreksels op te voer.

Dien nóú jou voorstel in om oorweeg te word om tydens Teksmark as leesteater aangebied te word. 

Kriteria vir die indien van voorstelle

  • Teksmark is slegs vir Suid-Afrikaanse burgers.
  • Tekste in enige genre word aanvaar, maar vanjaar word sterk fokus geplaas op kabaret, komedie en satiriese tekste wat sterk sosiopolitieke kommentaar lewer en skrywers word aangemoedig om tekste in hierdie genres voor te lê. 
  • Tekste/voorstelle in alle amptelike Suid-Afrikaanse tale word oorweeg.
  • Veeltalige produksies word verwelkom.
  • Slegs tekste wat nog nooit voorheen professioneel opgevoer is nie, word oorweeg.
  • Alle voorstelle moet volledig ingedien word en vergesel word van die nodige inligting en dokumente.
  • Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie en die sluitingsdatum sal nie verleng word nie.
  • Geen handgeskrewe voorstelle word oorweeg nie – dit moet in Word of pdf-formaat ingedien word.
  • ’n Teksidee bestaan uit die volgende: ’n tema, storielyn, kort beskrywing van die karakters en minstens vyf bladsye met teks of dialoog. Volledige tekste is welkom maar nie ’n vereiste nie. Daar moet ten minste 10 minute se speelteks ingedien word om oorweeg te word. 

Herleef Teksmark 2025

Kyk die volledige sessies hier onder