KKNK se kykNET Fiesta-benoemings

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees salueer al die mense en instansies wat sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie met wilskrag en kreatiwiteit veg om die kunstebedryf in Suid-Afrika aan die gang te hou. 

Die jaarlikse kykNET Fiëstas is vanjaar ‘n viering van dié deursettingsvermoë, met etlike projekte van die KKNK wat benoem is in nuwe kategorieë wat voorsiening maak vir die uitdagings van ons tyd. Die volgende produksies is benoem: Die Kaapse Filharmoniese Orkes se klassieke aanlyn musiekkonserte Beethoven Triple Concerto en Die Mozart Wind Octets, al twee deel van die heel eerste virtuele Klein Karoo Klassique-fees); die KKNK se virtuele kunsgalery (besoek https://bit.ly/3rC0tJM); en Barbara Wildenboer (KKNK 2020 se feeskunstenaar) as kunstenaar en Dineke van der Walt as visuele kunskurator. 

Lees meer oor die benoemings hier: https://bit.ly/2YYu97Y

Die KKNK sal in 2021 voortbou op die projekte en inisiatiewe wat verlede jaar bekendgestel is, met nog planne om die bedryf en sy betrokkenes te ondersteun.

As jy wil help, besoek die noodlenigingsfonds tribuo.co.za en maak ‘n bydrae tot die voortbestaan van die kunste en kunstenaars in Suid-Afrika.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on email
Email