In samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement
Hier kry hoërskoolleerders (én onderwysers) ’n geleentheid om hulle kreatiwiteit en verbeelding deur die kunste in die pragtige Klein Karoo los te laat.
Die kunste word nie net in lewende lywe ervaar nie, maar daar is ook kans om deel te neem aan werksessies en gesprekke en sodoende nuwe vriende te maak. Hoogtepunte van die KKNK Jeugkunstefees sluit in:
As jy ’n droom het om ’n lewe uit die kunste maak, of ’n brandende passie het vir teater, musiek, dans en visuele kunste, is die KKNK Jeugkunstefees net die plek vir jou! Hierdie is die perfekte geleentheid om jou talente te slyp.
Snykantteater, werksessies en gesprekke skep vele geleenthede vir deelnemers om kunstenaars en betrokkenes in die bedryf te ontmoet en by hulle te leer – ’n regte backstage pass.
Die kunste het die vermoë om mense van alle agtergronde saam te bring en die KKNK Jeugkunstefees skep vele geleenthede vir deelnemers om nuwe vriende te ontmoet en kuier saam met ander leerders met soortgelyke belangstellings in die kunste.
Daar is verskeie pakket-opsies beskikbaar, met of sonder koshuisverblyf en ontbyt. Kaartjies vir tussen sewe en nege produksies, vier tot ses gefokusde aktiwiteite, gesprekke en toegang tot die Feesmark word ook ingesluit.
So, waarvoor wag jy? Maak jou vriende bymekaar, versprei die woord en sluit by ons aan vir ’n wonderlike reis deur die kunste in die Klein Karoo!
Registreer vroegtydig om jou plek vir hierdie unieke feeservaring te verseker. Die KKNK se Jeugkunstefees bied ’n inspirerende geleentheid om die kunste op Oudtshoorn te ervaar en is beslis iets wat jy nie wil misloop nie.
Hoërskole of groepe wat belangstel, moet die KKNK teen 13 Januarie 2025 kontak om ’n voorlopige bespreking te maak (hoe vroeër, hoe beter, want verblyfplek is beperk), maar die finale sluitingsdatum vir registrasie is 1 Maart 2025.
Vir meer inligting, kontak vir Lizané Basson:
Om toekomstige gehore te skep is en bly ’n kerndoelwit van die KKNK. Deur die Jeugkunstefees word die impak van die kunste vergroot en word dit sodoende meer volhoubaar gemaak. Ons is opgewonde om alle hoërskoolleerders uit te nooi na ’n onvergeetlike kunste-avontuur.
“Jy kan wees wie jy eendag wil wees en steeds ’n groot verskil in die wêreld maak.”
“Kuns is ons alles. Kuns is wie ons is en hoe ons onsself uitbeeld, sonder om woorde te gebruik.”
“Partykeer moet jy net perform en vir mense wys wie jy is.”
“My storie maak saak.”