KKNK

Tydelike werk

Die KKNK vier in 2026 vir die 30ste keer fees op Oudtshoorn en aansoeke vir tydelike werk by dié fees, kan nou aanlyn ingedien word. 

Of jy nou ervaring het, of bloot ’n entoesiastiese gees is wat graag wil help, enigiemand tussen 16 en 60 jaar oud kan aansoek doen vir tydelike werk en sodoende deel van die feesspan by die KKNK word. 

Verskeie poste is beskikbaar, waaronder hekbeamptes, algemene werkers in die tegniese – en logistieke spanne, kelners, drywers, skoonmakers en assistente. Dit bied die perfekte geleentheid om waardevolle ervaring op te doen, nuwe mense te ontmoet en te sorg vir ’n ongelooflike feeservaring aan die duisende feesgangers wat die KKNK bywoon. 

Doen só aansoek

Opsie 1

En voltooi die aansoekvorm aanlyn.

Opsie 2

Verkies jy ’n hardekopie? Besoek een van die uitgesoekte afsetpunte vir ’n uitgedrukte aansoekvorm, vanaf Donderdag 15 Januarie 2026. 

Sluitingsdatum

vir alle aansoeke is Vrydag 30 Januarie 2026 om 16:00.

Navrae

Indien jy enige navrae het, kontak Adrian Patrick via e-pos, bel die KKNK-kantoor of stuur ’n WhatsApp. 

Word deel van die KKNK span agter die 30ste KKNK en maak ’n bydrae tot hierdie onvergeetlike mylpaaljaar.