Voordat jy jou aansoek indien, lees eers die KKNK 2027 programriglyne noukeurig deur. Dit sluit inligting oor kriteria- en keuringsriglyne, teikenmark-inligting, ’n oorsig oor die KKNK se feesgangers, kontraktipes en ander belangrike inligting in.
Die begrotingsraamwerk wat jy vir KKNK 2027 benodig, kan hier afgelaai word. Hierdie raamwerk is slegs ’n vereiste vir fooikontrakte en ko-produksies.
Dien jou aansoek elektroniese by hierdie vorm in, voor die sluitingsdatum van Saterdag 1 Augustus 2026 om middernag. Slegs elektroniese aansoeke word aanvaar.
Alle aansoeke word deur ’n onafhanklike aanbevelingspaneel geëvalueer, in samewerking met die artistieke direkteur, in oorleg met die evalueringskriteria wat in die KKNK 2027 programriglyne ingesluit word. Voorlopige en finale keuring word daarna deur die KKNK-kantoor uitgestuur.
KKNK 2028 – Ons moedig ook reeds produksie-aansoeke aan wat geoormerk kan word vir feeste verder in die toekoms. Dit bied geleentheid vir langtermyn beplanning. Indien jy ’n voorstel het vir die 32ste KKNK in 2028, stuur dit aan Hugo Theart by hugo@kunste.org.za.
Indien jy spesifieke navrae oor die programriglyne het, of spesifieke voorstelle of idees het, kontak vir Lizané Basson
Indien jy enige navrae oor die aanlyn aansoekproses of vorm het, kontak vir J.C. Aucamp