Welkom by

KKNK
KKNK

’n Dekade van unieke stories

’n KKNK- en NATi-projek. Ondersteun deur die Baxter-teater, Het Jan Marais Nationale Fonds en UJ Kuns en Kultuur.

Teksmark 2025

Sessie 1

Donderdag 4 September
10:00 tot 12:30

Sessie 2

Donderdag 4 September
14:00 tot 16:30

Sessie 3

Vrydag 5 September
10:00 tot 12:30

Sessie 4

Vrydag 5 September
14:00 tot 15:30

Om te RSVP en vir meer inligting of navrae, kontak gerus vir J.C. Aucamp by jc@kunste.org.za of 044 203 8600.

KKNK
KKNK
KKNK
KKNK
KKNK

Hoe werk Teksmark?

Voorstelle word as leesteater by Teksmark aangebied. Verteenwoordigers van teaters en feeste, asook vervaardigers en ander moontlike beleggers word na die Teksmark genooi.

Tydens Teksmark kry skrywers die geleentheid om oor hul teksidees te gesels. Die mark is oop vir enige van die belanghebbendes om met skrywers te onderhandel oor moontlike belegging in, of verdere ontwikkeling van, hul tekste.

Regisseurs en akteurs word in oorleg met die skrywer aangestel om die uittreksels op te voer.

Wat is Teksmark?

Die doel van dié projek is om nuwe Suid-Afrikaanse verhoogtekste te ontwikkel en aan skrywers ’n geleentheid te bied om hul idees en tekste vir moontlike verdere ontwikkeling aan belanghebbendes in die teaterbedryf bekend te stel.

Neem deel in 2026!

Alle skrywers (hetsy gevestig of opkomend) word genooi om voorstelle in te dien. Indien jy ’n teks-idee het, stuur dit teen 30 April 2026 aan Astrid van Ster by astrid@kunste.org.za.

Herleef Teksmark 2024

Kyk die volledige sessies hier onder

KKNK
KKNK
KKNK
KKNK