Borgeboodskap: Uitvoerende burgemeester – Groter Oudtshoorn

Oudtshoorn weer omskep in ware feesdorp

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Vanjaar trek die KKNK weer sy volle feesmondering aan.  Vanaf 1 tot 9 April is Oudtshoorn soos vroeër weer ’n ware feesdorp. 

Die opelugvertonings is terug, die feesterrein is terug in volle swang en ons feesstraat is terug. Maar die belangrikste is dat ons feesgangers weer terug is. Danksy die toegewyde werk van die KKNK-span en getroue ondersteuning van borge, het die KKNK die afgelope drie jaar onder moeilike omstandighede voortgestu en verseker dat kunstenaars ’n inkomste verdien. 

Die program wat oor nege dae strek, is propvol vermaak vir elke feesganger en ek verneem dat kaartjieverkope reeds alle verwagtinge oortref. Dit is wonderlike nuus vir Oudtshoorn en vir elkeen wat deel is van die 27ste KKNK. Ons wag met ope arms om al die kunstenaars, uitstallers, ondersteuningspanne en feesgangers te verwelkom. 

Mag KKNK 2023 ’n onvergeetlike positiewe ervaring wees.

Raadsheer Chris Macpherson

Uitvoerende burgemeester: Groter Oudtshoorn