In Afval, met Mia van der Merwe, Graeme Watson, Gita Fourie, Minke Marais, Jean du Plessis, Nichola Viviers, Damian de Villiers en Trompie Booysen, word die genre-grense vervaag wanneer die gehoor ’n gemiddelde Afrikaanse gesin met ’n meer-as-gemiddelde geheim te siene kry. Terwyl die idee waarop hierdie toneelstuk gebaseer is belowend lyk, is dit nie noodwendig almal se koppie tee nie.
Die Van der Merwe-gesin se dogter kom kuier vir haar ma se verjaarsdag en sy verras hulle met haar kêrel Hugo, die buurvrou daag onverwags op en wil nie weer huis kry nie en ’n NG Kerk-diaken, of so stel hy hom voor, kom salf die huis – dít nogal teen ’n stewige fooi. En dis maar net die begin van hierdie baldadige klug.
Daar is inderdaad baie om te ontgin uit ’n toneelstuk wat hom afspeel teen so ’n lekker, absurde agtergrond. Met verdere verfyning en afronding van die teks – die gehamer op Hugo se seksualiteit, body shaming en kwistige slapstick pla nog – kan hierdie toneelstuk met van die bestes kompeteer.
Hier is meer inligting: https://kknk.co.za/program/afval/
The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.