Gaan kyk ‘Mirre en aalwyn’ (as jou hart dit kan hou)

Gaan kyk Mirre en aalwyn as jy vir 70 minute lank op die punt van jou sitplek gehou wil word, en as jou hart dit kan hou.

Facebook
WhatsApp
Twitter
Email

Net buite Oudtshoorn is die plaas Welgeluk waar Nicola Hanekom se plekspesifieke Mirre en aalwyn afspeel. Hierdie toneelstuk is ’n belewenis en ’n half – van die stowwerige parkeerarea en die maan wat net-net bo die horison verskyn by die aankoms tot aan die einde van hierdie hoogs affektiewe, absurde debuutdrama. Glo my as ek sê jou hart sal definitief meer as een keer skielik vinniger begin klop.

Mirre en aalwyn is beslis nie vir sensitiewe kykers nie. Nie net word ontstellende temas aangeraak nie, maar die byna abjekte wyse waarop daar met die liggaamlike omgegaan word en die hier en daar se jump scare sal jou nekhare laat rys. 

Hierdie toneelstuk is ’n verkenning van onder meer hoe dit lyk wanneer die verlore dogter huiswaarts keer, isolasie en afgestomptheid weens die indringende effek wat sosiale media en tegnologiese vooruitgang op ons het, disillusie en generasionele geheimhouding, trauma en geestesongesteldheid.

Gaan kyk Mirre en aalwyn as jy vir 70 minute lank op die punt van jou sitplek gehou wil word, en as jou hart dit kan hou!

Die laaste twee vertonings vind plaas op 5 en 6 April om 18:30.

Bespreek jou kaartjies hier: https://kknk.co.za/program/mirre-en-aalwyn/ 

The Art Stories Incubator is enabled by PESP-3, BASA and the Department of Sport, Arts and Culture.