Die finaliste in Dramaweb SA se aanlyn dramakompetisie sal tydens ’n regstreekse stroming hul harte uitspeel op Saterdag 3 Julie (Afrikaanse kategorie) en Sondag 4 Julie (Engelse kategorie). Dit word aangebied in samewerking met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en met ondersteuning van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV).
Inskrywings vir Dramaweb SA het vanjaar landswyd ingestroom en is deur die beoordelaars gekyk, geniet en beoordeel. “Na ’n wonderlike tyd van sweet en terugvoer skryf, is die beoordelaars werklik geïnspireer deur die talent in ons land,” sê Ira Blanckenberg, eienaar van Dramaweb SA.
“Dramaweb SA wil jong akteurs se talente vier, maar ook help om jong mense te slyp vir hul pad vorentoe. Alle kinders wat aan dramakompetisies deelneem, gaan nie noodwendig professionele akteurs word nie, maar neem die vaardighede saam met hulle – waaronder selfvertroue, dissipline en kreatiewe denke, asook kommunikasievaardighede.”
Deelnemers kon in Engels en Afrikaans deelneem in verskeie soorte items – ongedramatiseerde gedig en/of prosa, gedramatiseerde gedig en/of prosa, voorbereide lees, monoloog en selfs mimiek.
Die finaal word op albei dae (3 en 4 Julie) aanlyn aangebied en sal regstreeks gestroom word vanaf dramawebsa.co.za. Vier beoordelaars sal die optredes evalueer.
Die program lyk só:
09:00 Graad RR tot 1
10:00 Graad 2 tot 4
11:00 Graad 5 tot 7
Middagete
13:00 Graad 8 tot 10
15:00 Graad 11 tot 12
17:30 Regstreekse aankondiging van die wenners in elke kategorie en prysuitdeling
Vir die KKNK lê dié vennootskap na aan die hart. “Ons leef in ontwrigtende tye en jongmense het ’n uitlaatklep nodig,” sê Hugo Theart, die artistieke direkteur. “Die kunste bied ’n geleentheid vir ontvlugting. Dit is nie net ’n geleentheid vir jongmense wat in die toekoms professioneel by die uitvoerende kunste betrokke wil raak nie, maar is ’n platform om ’n liefde vir letterkunde en die kunste te kweek.”
Die ATKV deel die KKNK se geesdrif oor Dramaweb SA. “Die kunste verryk mense, oud en jonk, bevorder kreatiwiteit en bring gemeenskappe by mekaar,” sê Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof van taal en kultuur by dié organisasie. “Die ATKV ondersteun Dramaweb SA met trots en ons glo dié projek sal die voordele van toneel, digkuns en skryfkuns beklemtoon.”

Baie geluk aan die finaliste:
AFRIKAANS Graad RR tot 1
Adriaan Meintjes, Vryburg-voorbereidingskool
Alice Engela-mari Grobler, Laerskool Roodekrans (Dramatix)
Anje Moolman, Laerskool Die Krans
Gerhardus Oosthuizen, Voluit Primêre Skool
Johandré Conradie, Laerskool Eikestad
Kaylene Verheem, Laerskool Elarduspark
Khanya Duvenhage, Tuisskool
Lexi Hanekom, Pikkies-paradys
Logan van Heerden, Laerskool Garsfontein
Mieke Drenth, Laerskool Wonderboom
AFRIKAANS Graad 2 tot 4
Aaron Blake Anderson, Laerskool Roodekrans
Anzel Schuck, Laerskool Middelburg
Gustav Kruger, Curro Nelspruit
Isabella Steynberg, Laerskool Roodekrans (Dramatix)
Jacobus Oosthuizen, Voluit Primêre Skool
Kara Taute, Welkom Volkskool
Leila Barnes, Laerskool Eikestad
Leila Erasmus, Welkom Volkskool
Ronan Pienaar, Tuisskool
Wehann Snyman, Laerskool Anton van Wouw
AFRIKAANS Graad 5 tot 7
Annerie Havenga, Laerskool De Hoop
Elzerie Vermaak, Laerskool Elarduspark
Ilé Snyders, Laerskool Bredasdorp
Joane van Geest, Laerskool De Hoop
Luca Human, Curro Durbanville
Luhan Kruger, Curro Nelspruit
Mabel Matthee, Rûens Kollege
Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville
Neldri Muller, Laerskool Gene Louw
Rossouw Van Wyk, Curro Nelspruit
AFRIKAANS Graad 8 tot 10
Anna Pretorius, Hoërskool Bredasdorp
Carisa Ahlers, Hoërskool Nelspruit
Danelle Jacobs, Hoërskool Martin Oosthuizen
Genna Labuscagne, Hoerskool Noordheuwel (Dramatix)
Liné Allen, Dramatix
Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gymnasium
Mieke Saayman, Hoërskool Bredasdorp
Monja Van Heerden, Hoerskool Noordheuwel
Rudo Andreas van Diemen, Pretoria Boys High School
Somé Louw, Hoërskool Bredasdorp
AFRIKAANS Graad 11 tot 12
Cara-mari Botha, Hoërskool Framesby
Estia Scheepers, Hoerskool Noordheuwel
Helené Jansen van Rensburg, C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Karli Marais, Hoërskool Noordheuwel (Dramatix)
Lieske Naude, Hoërskool Lutzville
Marlé Strauss, Sekondêre Meisieskool Oranje
Marshallino Jantjies, Apex-hoërskool
Megan Bester, Hoërskool Nelspruit
Mia van Loggerenberg, Axios Dramaskool
Zoe Labuscagne, Hoerskool Noordheuwel (Dramatix)
Zoë Louw, Hoërskool Bredasdorp
ENGELS GRAAD RR tot 1
Alice Engela-mari Grobler, Laerskool Roodekrans (Dramatix)
Isabella Augusto, Veeashe (Studio)
Khanya Duvenhage, Tuisskool
Stefan Pretorius, Laerskool Randfontein
ENGELS Graad 2 tot 4
Aaron Blake Anderson, Laerskool Roodekrans
Elizabeth Coetzer, Curro Durbanville
Isabella Steynberg, Laerskool Roodekrans (Dramatix)
Jacobus Oosthuizen, Voluit Primêre Skool
Lourens Pauer, Laerskool Helderkruin (Dramatix)
Miané Roux, Cambridge School Online
Milan van Niekerk, Laerskool Roodekrans
Peyton Finlay, Laerskool Gene Louw
Theodore Neil van Diemen, Laerskool Anton van Wouw
Wehann Snyman, Laerskool Anton van Wouw
ENGELS Graad 5 tot 7
Annebelle Spies, Laerskool Stellenbosch
Elzerie Vermaak, Laerskool Elarduspark
Ilé Snyders, Laerskool Bredasdorp
Janel Meijer, Laerskool Anton van Wouw
Leané Nortje, Laerskool Helderkruin
Lenadri Groenewald, Laerskool Helderkruin (Dramatix)
Liané Schuck, Laerskool Middelburg
Mabel Matthee, Rûens-kollege
Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville
Sebastian Pretorius, Laerskool Randfontein
ENGELS Graad 8 tot 10
Anna Pretorius, Hoërskool Bredasdorp
Anriette Otto, C&N Sekondêre Meisieskool Oranje
Christopher de la Hunt, Paarl Hoër Seunskool
Courtney Schelhase, Hoërskool Tygerberg
Daniela Demaio, Fairmont-hoërskool
Kamryn Lowe, Sekondêre Meisieskool Oranje
Kayla Pietersen, Worcester-gimnasium
Lucia van der Spuy, Hoërskool Swartland
Rudo Andreas van Diemen, Pretoria Hoër Seunskool
Unathi Mankahla, Hoërskool Parel Vallei
ENGELS Graad 11 tot 12
Christopher Smal, Hoërskool Voortrekker
Emma Louise van Wyk, Global Leadership Academy
Helené Jansen van Rensburg, Sekondêre Meisieskool Oranje
Jemma Miller, Tuisskool
Karli Marais, Hoërskool Noordheuwel (Dramatix)
Marlé Strauss, Sekondêre Meisieskool Oranje
Pamela Phakathi, Apex-hoërskool
Taylor Davids, Apex-hoërskool
Thembakuye Tu, Fezekile Sekondêre Skool
Tyrique Pienaar, Apex-hoërskool
Zoë Louw, Hoërskool Bredasdorp
Die KKNK word ondersteun deur ABSA en Media24 met verdere ondersteuning van onder meer die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Departement van Kultuursake en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn-munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton-stigting.