WELKOM BY KUNSTE ONBEPERK SE Kliek!

Sluit aan by Kliek! en KliekPlus en word deel van ’n uitgesoekte groep ondersteuners wat gereeld nuus van Kunste Onbeperk se projekte ontvang. Lidmaatskap hou ook ander opwindende voordele in. Kliek! trek vir 2019 ’n nuwe baadjie aan deur voordele aan lede te bied oor ’n tydperk van 12 maande en nie net by KKNK25 nie. Wat het verander? Kliek! het nou twee vlakke:
  • Kliek! is gratis en bied lidmaatskap tot die Kunste Onbeperk projekte. Jy ontvang ook die KKNK en Klein Karoo Klassique-feesprogramme vroeër.
  • KliekPlus bied teen ’n jaarlikse fooi aan lede spesiale voordele as uitbreiding van die standaard pakket. Lede ontvang ook voordele vir Klein Karoo Klassique (Oudtshoorn se klassieke musiekfees in Augustus) en ander Kunste Onbeperk projekte, waaronder Teksmark. KliekPlus-lede staan ook maandeliks ’n kans om opwindende pryse in gelukkige trekkings te wen. Hierdie pryse sluit onder meer uitnodigings na programbekendstellings, die Kannas en ander funksies in.

Kliek! is GRATIS. Sluit nou aan deur die vorm te voltooi en registreer as Kliek!-lid.



Kunste Onbeperk se KliekPlus-lede kry toegang tot die volgende spesiale voordele vir slegs R300 per jaar:

  • KKNK kaartjies teen afslag pryse.
  • Klein Karoo Klassique kaartjies teen afslag pryse.
  • Spesiale besprekingsperiode vir KKNK25-kaartjies in Januarie 2019,  voor verkope open vir die algemene publiek.
  • Toegang tot Klein Karoo Klassique-kaartjies voor verkope open vir die algemene publiek.
  • Toegang tot ’n eksklusiewe gratis Kliek Plus-parkeerarea tydens KKNK25.
  • Ontvang die feesprogramme vir KKNK25 in Januarie 2019, en Klein Karoo Klassique elektronies voor die algemene publiek.
  • Ontvang ’n gratis KKNK25 Feesgids.
  • Word uitgenooi na Kunste Onbeperk Teksmark.
  • Ontvang uitgesoekte voordele in samewerking met feesborge.
  • Bespreek verblyf vir KKNK25 voor dit open vir die publiek.

Sou jy in hierdie winskoop belang stel:

  • Laai die aansoekvorm af deur op die onderstaande skakel te kliek, vul sorgvuldig in en stuur terug na info@kunste.org.za
  • Betaal jou R300 ledegeld vir Kliek Plus in by Absa, Kliek, Spaarrekening, Takkode:  632005, Rekeningnommer: 916 380 7605.
    Gebruik jou naam en van as verwysing.
  • Die feesprogramme van die KKNK en Klein Karoo Klassique, en ander belangrike inligting, word via e-pos gestuur.
LAAI AANSOEKVORM AF

As jy enige verdere navrae het, of hulp benodig, kontak Daleen:
TELEFONIES
+27 (0) 44 203 8600
PER E-POS
info@kunste.org.za
Privacy Settings
We use cookies to enhance your experience while using our website. If you are using our Services via a browser you can restrict, block or remove cookies through your web browser settings. We also use content and scripts from third parties that may use tracking technologies. You can selectively provide your consent below to allow such third party embeds. For complete information about the cookies we use, data we collect and how we process them, please check our Privacy Policy
Youtube
Consent to display content from Youtube
Vimeo
Consent to display content from Vimeo
Google Maps
Consent to display content from Google